Wolwegifboom

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Wolwegifboom
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Divisie:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
H. globosa
Binomiale naam
Hyaenanche globosa
(Gaertn.) Lamb. & Vahl, 1797
Sinonieme
  • Hyaenanche capensis (Thunb.) Pers.
  • Jatropha globosa Gaertn.
  • Toxicodendrum capense Thunb.
  • Toxicodendrum globosum (Gaertn.) Pax & K.Hoffm.

Die wolwegifboom (Hyaenanche globosa) is 'n boom wat inheems aan die Wes-Kaap en kom slegs in die Bokkeveldberge en die Gifberg voor. Die boom se FSA-nommer is 319.[1] Die boom se vrugte is giftig en die boesmans het die gif gebruik op hulle pyle.

Die boom is immergroen en word van 2 tot 4 m hoog. Die boom is eenslagtig, manlike en vroulike bome is afsonderlike eksemplare. Die blommetjies is rooi en die boom blom van Oktober tot November.

Dit is die enigste spesie in die genus en Hyaenanche is dus 'n Monotipiese takson.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

Bronne[wysig | wysig bron]