Fittonia

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Fittonia
F. albivenis
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Divisie:
Klas:
Orde:
Familie:
Subfamilie:
Tribus:
Genus:
Fittonia

Coem.

Fittonia is ’n genus blomplante in die familie Acanthaceae, wat inheems is aan tropiese reënwoude in Suid-Amerika, veral Peru.[1] Vyftien spesies word tans aangetref, maar veral F. albivensis, F. argyroneura en F. verschaffeltii is bekend.

Eienskappe[wysig | wysig bron]

Hulle is immergroen, meerjarige plante wat uitsprei en sowat 10 tot 15 cm hoog word. Die groen blare het anderskleurige are, veral wit en donkerpienk, en die stingels is harig. Die blomme is klein en wit tot naaswit. Die plante aard veral op vogtige plekke met matige sonlig en temperature bo 13 ºC. Hulle word dus in gematigde streke as huisplante gebruik. Hulle kan ook in kweekhuise gegroei en net vir kort rukke in die huis gehou word. Omdat dit uitsprei, kan dit ook as ’n dekplant gebruik word.

Probleme[wysig | wysig bron]

Omdat die plant ’n vogtige omgewing nodig het, droog dit maklik uit; die blare sal dan opkrul. Plantluise kan voorkom.[2]

Sommige spesies[wysig | wysig bron]

  • Fittonia albivenis (Lindl. ex hort. Veitch) Brummitt[3]
  • Fittonia argyroneura Coem.[3]
  • Fittonia verschaffeltii (Lem.) Van Houtte[3]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. RHS A-Z encyclopedia of garden plants. United Kingdom: Dorling Kindersley. 2008. p. 1136. ISBN 1-4053-3296-4.
  2. Longman, David. Gesonde Huisplante, Stap vir Stap Geïllustreer, J.L. van Schaik, Pretoria. 1992. ISBN 0 627 01827 0
  3. 3,0 3,1 3,2 "Fittonia information from NPGS/GRIN". www.ars-grin.gov. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Augustus 2012. Besoek op 25 Februarie 2008.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]