65 – Na die Pisioniese sameswering teen die Romeinse keiser Nero oopgevlek word, pleeg Gaius Calpurnius Piso selfmoord. Vervolgens word die ander samesweerders soos Seneca, Marcus Annaeus Lucanus en Titus Petronius gedwing om selfmoord te pleeg.
69 – Vitellius word as keiser in Rome ontvang nadat hy in die eerste veldslag van Bedriacum gesiëvier het en Otho selfmoord gepleeg het.
1042 – Die Bisantynse heerser Michael V probeer om sy stiefmoeder Zoe in ´n klooster te verban. Dit lei tot ´n volksopstand ingevolge waarvan hy gedwing word om te abdikeer.
1529 – Tydens die Reichstag te Speyer protesteer ses vorste en 14 vrye stede namens die Protestantse minderheid teen die verbanning van Martin Luther en die Protestantse leer
1587 – Die Engelse Sir Francis Drake vernietig onverwags die SpaanseArmada wat in die hawe van Cadiz voor anker lê. Die stad word daarna twee dae lank deur die Engelse geplunder.
1621 – Pous Gregorius XV stel vier nuwe kardinale aan waaronder sy familielid Francesco Boncompagni.
1689 – Tydens 'n opera-opvoering in die Deense kasteel Amalienborg slaan die verhoog aan die brand. Die kasteel word in die brand vernietig en 171 mense sterf in die brand - ook die komponis Johan Lorentz.
1706 – Spaanse Opvolgingsoorlog: In die veldslag te Calcinato in Lombardië word n keiserlike mag deur Franse en Spaanse troepe verslaan.
1713 – Keiser Karl VI bepaal in sy Pragmatiese Bevel, dat ook vroulike lede van die Habsburg-familie mag erf as daar nie manlike nasate sou wees nie.
1770 – Marie Antoinette trou in Weense Augustynse kerk per procurationem met die Dauphin Louis-Auguste.
1773 – Pous Clemens XIV stel Francesco Carafa della Spina di Traetto, titulêr aartsbiskop van Patras en Francesco Saverio de Zelada, titulêr aartsbiskop van Petra in Palestina aan as kardinale.
1839 – Die Nederlande onder Willem I erken tydens die Verdrag van Londen die onafhanklikheid van België en België word tegelykertyd as koninkryk gevestig .
1875 – Tydens die stryd tussen Engeland en Portugal oor die eienaarskap oor Delagoabaai besluit die skeidsregter, die Franse president Patrice de Mac-Mahon, ten gunste van Portugal.
1938 – RCA-NBC begin gereelde televisie-uitsendings.
1941 – Bertolt Brecht se drama Mutter Courage und ihre Kinder word vir die eerste keer in Zurich opgevoer. Die stuk is gebaseer op die roman Trutz Simplex oder Lebensbeschreibung der Ertzbetrügerin und Landstörtzerin Courasche van Hans Jakob Christoffel von Grimmelshausen.
2013 – In die Nederlandse stad Zutphen ontdek argeoloë 'n "quadrans". Dit dateer uit die begin van die veertiende eeu en is sodoende die oudste "horloge" (horlosie) wat in die Noorde van Europa gevind is.