879 – Na die dood van die Wes-Frankiese koning Lodewyk II word albei sy seuns Lodewyk III en Karlmann saam as sy opvolgers benoem. Hulle word deur die adellikes om Hugo Abbas gesteun wat ´n verdeling van die koninkryk wil verhinder.
1500 – Verraad van Navarro. Lodewyk XII van Frankryk neem Ludovico Sforza, die hertog van Milaan gevange, nadat hy die vorige jaar vir Milaan verower het.
1605 – Pous Leo XI word gekroon deur kardinaal Francesco Sforza.
1656 – ´n Vloot van die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie verower die Portugese stad Colombo op die eiland Ceylon na ´n lang beleg. Dit word sodoende die eerste besitting van die VOC op die eiland wat oor die volgende twee jaar in sy geheel van die Portugese verower word.
1741 – Pruise onder Frederik die Grote beset tydens die Oostenrykse Opvolgerstryd vir Schlesien/Silesië in vandag se Pole, en tydens vir veldslag van Mollwitz word verslaan die Pruise die Oostenrykers.
1747 – Pous Benedictus XIV stel 11 nuwe kardinale aan waaronder Ferdinand Julius von Troyer, biskop van Olomütz, Moravië.
1826 – Die inwoners van die Griekse stad Messolongi, wat tydens die Griekse revolusie vir ´n jaar deur Osmaanse troepe onder beleg geplaas is, probeer in die nag uit die stad ontsnap. Die plan word egter aan die Osmane verraai en die Griekse bevolking word uitgemoor.
1864 – Op die kasteel Miramare by Triëst word die Oostenrykse aartshertog Ferdinand Maximilian deur die Meksikaanse adel en die ondersteuning van die Franse keiser Napoleon III tot keiser van Meksiko verklaar.
1906 – Die Russiese priester Georgi Gapon, wat die jaar tevore die betoging tydens die "St. Pietersburgse Bloed-Sondag" gelei het, word deur drie Sosialiste vermoor.
1913 – Die sokkervereniging Slawia Sofia word in die Bulgaarse hoofstad gestig.
1919 – Die leier van die Mexikaanse Rewolusie, Emiliano Zapata word in ’n hinderlaag by die president Venustiano Carranza se hacienda te Morelos gelei en doodgeskiet. Sy lyk word in Cuautla uitgestal en later begrawe.
1922 – Die Roemeense fisioloog Nicolae Paulescu ontvang van die Roemeense Ministerie van Handel en Nywerheid die patent vir die vervaardiging van Insulien. Sy proses is 'n groot deurbraak in die navorsing oor, en kennis van diabetes.
1932 – In die tweede rondte van die presidentsverkiesing in Duitsland verkry Paul von Hindenburg die absolute meerderheid stemme en word weer as president verkies. Adolf Hitler kry ongeveer 30 persent van die stemme en die Kommunis Ernst Thälmann ongeveer 10 persent van die stemme.
1938 – Edouard Daladier word Eerste Minister van Frankryk.
1938 – 99,73% van die stemgeregtigdes in Oostenryk stem vir die samesmelting van Oostenryk en Duitsland.
1941 – Tweede Wêreldoorlog: Onmiddellik nadat die Duitse troepe vir Zagreb beset het as deel van die Balkanoffensief, verklaar die Kroatiese Ustascha onder Kolonel Slavko Kvaternik die onafhanklike staat van Kroasië.
1945 – Tydens 'n heftige Geallieerde bomaanval op die Duitse stad Plauen word 75 persent van die stad vernietig en word ongeveer 900 hoofsaaklik burgerlikes gedood.
1953 – The House of Wax open in New York se Paramount-teater.
1957 – Die Suezkanaal word heropen vir algemene skeepvaart nadat dit drie maande gesluit was.
1908 – Willem Petrus de Villiers, predikant in die NG Kerk, lid van die Kaapse Wetgewende Vergadering, kampvegter vir Christelike Nasionale Onderwys en taalstryder (* 1843).