Soninke

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Soninke (volk).
Soninke
Sooninkanxanne, سࣷونِکَنْخَنّࣹ
Gepraat in: Vlag van Burkina Faso Burkina Faso
Vlag van Ivoorkus Ivoorkus
Vlag van Gambië Gambië
Vlag van Ghana Ghana
Vlag van Guinee Guinee
Vlag van Guinee-Bissau Guinee-Bissau
Vlag van Mali Mali
Vlag van Mauritanië Mauritanië
Vlag van Senegal Senegal 
Gebied: Wes-Afrika
Totale sprekers: 2,3 miljoen[1]
Taalfamilie: Niger-Kongo
 Atlanties-Kongo
  Mande
   Wes-Mande
    Noordwes-Mande
     Soninke-Bobo
      Soninke-Bozo
       Soninke 
Skrifstelsel: Arabiese alfabet, Latynse alfabet 
Amptelike status
Amptelike taal in: Nasionale taal in:
Vlag van Mali Mali
Vlag van Mauritanië Mauritanië
Vlag van Senegal Senegal
Gereguleer deur: geen
Taalkodes
ISO 639-1: geen
ISO 639-2: snk
ISO 639-3: snk 
Verspreiding van Soninke

Soninke (Sooninkanxanne, سࣷونِکَنْخَنّࣹ) is 'n Niger-Kongo-taal in Wes-Afrika wat deur sowat 2,3 miljoen mense gepraat word. Dit word deur die Soninke-volk gepraat en is een van die belangrike tale in Senegal, naas die amptelike taal Frans. Soninke is een van die nasionale tale van dié land.[2] Daarbenewens word Soninke in die lande Burkina Faso, Ivoorkus, Gambië, Ghana, Guinee, Guinee-Bissau, Mali en Mauritanië gepraat. Dit is ook een van die nasionale tale van Mali. In Mauritanië is Soninke saam met Fula en Wolof een van die nasionale tale naas die amptelike tale Arabies en Frans.[3]

Afhangende van die gebied word Soninke met óf die Arabiese alfabet óf die Latynse alfabet geskryf.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Soninke". Ethnologue. Besoek op 29 April 2024.
  2. (en) "Senegal's Constitution of 2001 with Amendments through 2016" (PDF). Constitute Project. Besoek op 29 April 2024.
  3. (en) "Mauritania's Constitution of 1991 with Amendments through 2012" (PDF). Constitutionproject. Besoek op 29 April 2024.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]