Lahti

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Lahti
Lahtis

Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Finland Finland
 Landskap Suid-Finland
 Provinsie Päijät-Häme
 Koördinate 60°59′N 25°39′O / 60.983°N 25.650°O / 60.983; 25.650
 Stigting 1878
 Stadstatus 1 November 1905
 Oppervlakte:  
 - Totaal 517,63 vk km[1]
 - waarvan land 459,47 vk km
 Hoogte bo seevlak 81–170 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2022) 120 175[2]
 - Bevolkingsdigtheid 232,2/vk km
 Tydsone UTC +2 (OET)
 - Somertyd UTC +3 (OEST)
 Klimaat  
 - Tipe Kontinentaal-gematig
 - Gemiddelde jaarlikse temperatuur 4,7 °C
 - Gem. temp. Januarie/Julie −5,9 / 17,2 °C
 - Gemiddelde jaarlikse neerslae 637,7 mm
 Burgemeester Pekka Timonen
 Amptelike webwerf lahti.fi

Lahti (Fins: [ˈlɑxti]; Sweeds: Lahtis) is 'n stad en munisipaliteit in Suid-Finland. Met 'n oppervlakte van 517,63 vierkante kilometer en 'n bevolking van 120 175 (2022) is dit die negende grootste stad in dié land ná Helsinki (Helsingfors), Espoo (Esbo), Tampere (Tammerfors), Vantaa (Vanda), Oulu (Uleåborg), Turku (Åbo), Jyväskylä en Kuopio.

'n Uitsig oor Lahti

Lahti is geleë aan die suidpunt van een van Finland se grootste meerstelsels (die Vesijarei-Päijännemeer) ongeveer 100 km noordoos van Helsinki. Dit is 'n uitstekend uitgelegde moderne stad en is eers in 1878 gestig. Deesdae is dit die middelpunt van Finland se meubelbedryf; ander nywerhede lewer sellulose, papier, laaghout en vuurhoutjies (al hierdie produkte kom van hout uit die woude om die stad), skoene en glas.

Lahti is op vier na die grootste stad in Finland; sy bevolking, wat in die laaste dekade of twee sterk gestyg het, is tans meer as 100 000. Lahti is ook die belangrikste wintersportsentrum in Finland en beskik oor 'n hoë springtoring vir skiërs.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (fi) (sv) "Suomen pinta-ala kunnittain – Finlands areal kommunvis" (PDF). Nasionale Landopname van Finland. 1 Januarie 2018. Besoek op 13 Mei 2024.
  2. (en) "Municipal key figures by Region 2023 and Information". Statistiek Finland. 2022. Besoek op 13 Mei 2024.

Bronnelys[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]