Kuopio

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Kuopio

Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Finland Finland
 Landskap Oos-Finland
 Provinsie Noord-Savonia
 Koördinate 62°53′N 27°40′O / 62.883°N 27.667°O / 62.883; 27.667
 Stigting 1653
 Stadstatus 17 November 1775
 Oppervlakte:  
 - Totaal 4 326,35 vk km[1]
 - waarvan land 3 241,02 vk km
 Hoogte bo seevlak 20 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2022) 122 594[2]
 - Bevolkingsdigtheid 28,3/vk km
 Tydsone UTC +2 (OET)
 - Somertyd UTC +3 (OEST)
 Klimaat  
 - Tipe Kontinentaal-gematig
 - Gemiddelde jaarlikse temperatuur 4,0 °C
 - Gem. temp. Januarie/Julie −8,1 / 17,6 °C
 - Gemiddelde jaarlikse neerslae 619 mm
 Burgemeester Soile Lahti
 Amptelike webwerf kuopio.fi

Kuopio (Fins: [ˈkuo̯pio], is 'n stad en munisipaliteit in Oos-Finland en ook die administratiewe streek Noord-Savonia se hoofstad. Met 'n oppervlakte van 4 326,35 vierkante kilometer en 'n bevolking van 122 594 (2022) is dit die agtste grootste stad in dié land ná Helsinki (Helsingfors), Espoo (Esbo), Tampere (Tammerfors), Vantaa (Vanda), Oulu (Uleåborg), Turku (Åbo) en Jyväskylä, asook die grootste stad in Oos-Finland.

Daar bestaan verskeie teorieë oor die oorsprong van die naam Kuopio. Volgens die eerste teorie het in die 16de eeu 'n sekere invloedryke persoon met die naam Kauhanen in Tavinsalmi sy naam verander in Skopa en die mense het dit uitgespreek as Coopia en uiteindelik as Cuopio. Die tweede teorie is dat dit ontleen is aan die werkwoord kuopia, wat "hoef" beteken, soos wanneer 'n perd die grond met sy hoef beet. Volgens 'n derde teorie is dit afgelei van 'n sekere Kareliese man uit die Middeleeue met die naam Prokopij uit Ruokolahti.[3] Dié teorie is die mees waarskynlike en word deur die Navorsingsinstituut vir die Tale van Finland ondersteun.[4][5]

Galery[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (fi) (sv) "Suomen pinta-ala kunnittain – Finlands areal kommunvis" (PDF). Nasionale Landopname van Finland. 1 Januarie 2018. Besoek op 13 Mei 2024.
  2. (en) "Municipal key figures by Region 2023 and Information". Statistiek Finland. 2022. Besoek op 13 Mei 2024.
  3. (fi) "Kuopion kaupunki". 26 Januarie 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Januarie 2010. Besoek op 26 Januarie 2010.
  4. (fi) Riitta Raatikainen (16 Desember 2007). "Varkaudesta Puutokseen". Savon Sanomat (344): 38.
  5. (fi) Pekka Lappalainen (1982). Kuopion historia 1. Kustannuskiila. pp. 35–36. ISBN 951-657-097-6.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]