in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Kalenders
Dorslandtrekseël
Die jaar 1874 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Donderdag begin het. Dit was die 74ste jaar van die 19de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
1 Januarie – Gustave Whitehead , Amerikaanse lugvaartpionier († 1927 ).
4 Januarie – Josef Suk , Tsjeggiese komponis, skoonseun van Antonín Dvořák († 1935 ).
25 Januarie – W. Somerset Maugham , Engelse skrywer († 1965 ).
15 Maart – Ds. Willem Postma , Gereformeerde predikant en Afrikaanse baanbrekerskrywer († 1920 ).
24 Maart – Harry Houdini , Amerikaanse towenaar, († 1926 )
26 Maart – Robert Frost , Amerikaanse digter († 1963 ).
7 April – Charlotte Maxeke , SA godsdienstige leier, maatskaplike werker en politieke aktivis († 1939 ).
14 April – Alexander Cambridge , Britse politikus, 16de Goewerneur-generaal van Kanada (1940–1946) en vierde Goewerneur-generaal van Suid-Afrika (1924–1930) († 1957 ).
15 April – Johannes Stark , Duitse fisikus, Nobelpryswenner († 1957).
23 April – Wilhelm Johannes Verwoerd, vader van Hendrik Frensch Verwoerd († 28 Augustus 1961 ).
25 April – Guglielmo Marconi , Italiaanse uitvinder († 1937 ).
9 Mei – Howard Carter , Britse argeoloog en egiptoloog († 1939 ).
22 Mei – Daniël François Malan , Eerste Minister van Suid-Afrika († 7 Februarie 1959 ).
29 Mei – G. K. Chesterton , Engelse skrywer, teoloog, filosoof, dramaturg, joernalis, redenaar, literatuur- en kunskritikus, biograaf en Christelike apologeet († 1936 ).
26 Julie – Serge Koussevitsky , Russiesgebore dirigent , komponis en dubbelbasspeler. († 1951 ).
10 Augustus – Herbert Hoover , die 31ste President van die Verenigde State († 1964 ).
16 September – P.K. de Villiers, pedagoog, konsertorrelis en skepper van Psalm- en Gesangmelodie († 1949 ).
23 September – ’n Span Franse sterrekundiges kom op Sint-Pauleiland in die Franse Suidelike en Antarktiese Gebiede in die Indiese Oseaan aan om die Venusoorgang waar te neem.
10 Oktober – T.P.N. Coetsee , Suid-Afrikaanse politikus en merinoteler († 1959 ).
20 Oktober – Charles Edward Ives , Amerikaanse modernistiese komponis († 1954 ).
27 November – Chaim Weizmann , Brits-Israelse biochemikus en politikus (president van Israel) († 1952 ).
30 November – Winston Churchill , Britse staatsman († 1965 ).
30 November – Lucy Maud Montgomery , Kanadese romanskrywer en digter († 1942 ).
20 Desember – Mary Ann Bevan , Britse byvertoning akteur en verpleegster († 1933 ).