Win Myint

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Win Myint (Birmaans: ဝင်းမြင့်; gebore 8 November 1951) is 'n Birmaanse politikus wat van 2018 tot 2021 as die tiende president van Mianmar gedien het. Win Myint is uit sy amp verwyder in die militêre staatsgreep in 2021. Hy was die Speaker van die Huis van Verteenwoordigers van Mianmar van 2016 tot 2018. Hy het ook gedien as 'n parlementslid in die Huis van Verteenwoordigers (Pyithu Hluttaw) van 2012 tot 2018. Win Myint is beskou as 'n belangrike bondgenoot en van Staatsraadgewer Aung San Suu Kyi, wat as die regeringshoof gedien het.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]