Wildemoerbei
Wildemoerbei | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Malpighiales |
Familie: | Salicaceae |
Genus: | Trimeria |
Spesie: | T. grandifolia
|
Binomiale naam | |
Trimeria grandifolia | |
Sinonieme | |
|
Die Wildemoerbei (Trimeria grandifolia), ook bekend as die tropiese grootblaarwildemoerbei, is 'n klein tot middelgroot boom wat in immergroen kus- en bergwoude voorkom.
Beskrywing[wysig | wysig bron]
Die blare is enkelvoudig, donkergroen en ronderig wat amper soos die dié van die Moerbeiboom lyk. Die blomme is klein en groenerig. Die vrugte is 5 x 2.5 mm groot wanneer hul ryp is, bars dan oop en stel klein, donkergrys sade vry wat elk 'n rooi aanhegsel aan die een kant het.
Die boom is 'n bietjie kleiner maar die blare groter as die bruinysterhout.
Verspreiding[wysig | wysig bron]
Die spesie is inheems in Demokratiese Republiek die Kongo, Eswatini, Ethiopië, Kameroen, Kenia, Lesotho, Mosambiek, Rwanda, Tanzanië, Uganda en Zimbabwe. In Suid-Afrika kom die boom in KwaZulu-Natal, Limpopo, Mpumalanga, die Oos-Kaap, Vrystaat en die Wes-Kaap voor.
Habitat[wysig | wysig bron]
Die boom kom in dieselfde habitatte as die bruinysterhout voor (immergroen kus- en bergwoude).
Supspesies[wysig | wysig bron]
Die spesie het twee subspesies:
- Trimeria grandifolia subsp. grandifolia
- Trimeria grandifolia subsp. tropica (Burkill) Sleumer
Sien ook[wysig | wysig bron]
Bronne[wysig | wysig bron]
- Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. ISBN 1-86872-527-8
- Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 ISBN 978 1 77007 832 1
Eksterne skakels[wysig | wysig bron]
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Wildemoerbei.