Wikipedia:Interessante brokkies/Voorblad

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

...dat die meter tussen 1960 en 1983 in terme van die lig wat van 'n kriptonisotoop af uitgestraal word, gespesifiseer is?

...dat die Skewe Toring van Pisa nooit regop gestaan het nie? Kort nadat met die bou van die toring begin is, het die fondament oneweredig gesink. Die bouwerk is stopgesit en eers 100 jaar later hervat, maar die gebou het skeef bly staan.

... dat Keulen in Duitsland naas die Franse stad Bordeaux in die 13de eeu die grootste uitvoerhawe vir wyn was? Engeland was een van die vernaamste bestemmings. Vandag is die stad beter bekend vir sy bier, Kölsch, wat ook die naam van die plaaslike dialek is.

... Samuel Morse, die uitvinder van die telegraaf, vir burgemeester van New York gestaan het? Hy was egter nie suksesvol nie.

... dat die Groenpuntvuurtoring die oudste vuurtoring in Suid-Afrika is? Dit staan op die noordwestelike punt van Tafelbaai in Mouillepunt, Kaapstad, en is in 1823 voltooi. Die rotsagtige Mouillepunt staan reeds eeue lank onder seevaarders bekend as een van die gevaarlikste punte aan die Kaap.