Vaasplant

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Vaasplant
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Divisie:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
A. fasciata
Binomiale naam
Aechmea fasciata
(Lindl.) Baker 1879

Die vaasplant of Aechmea fasciata is ’n soort blomplant in die pynappelfamilie Bromeliaceae en is endemies aan Brasilië. Dié plant is seker die bekendste voorbeeld van die genus en word dikwels as ’n huisplant geplant.

Eienskappe[wysig | wysig bron]

Die vaasplant groei stadig en word 30-90 cm hoog en 60 cm breed. Dit het ovaalvormige blare van 45-90 cm lank wat in ’n rosetpatroon gerangskik is.[1] In die middel van die roset is die bloeias, waaraan die werklike blomme gedra word, gewoonlik in die somer.[2]

A. fasciata het gedeeltelike skadu en goed gedreineerde maar waterhoudende grond nodig, en dit moet taamlik nat gehou word. Dit kan ook as ’n lugplant gegroei word, byvoorbeeld met mos om die wortels en vasgemaak aan ’n growwe stuk bas. Uitloopsels kan uitgeplant word nadat die oorspronklike plant dood is.

Probleme[wysig | wysig bron]

Wortelskimmel kan ’n probleem wees as die grond te nat is.[1] Plantluise en muskiete broei soms in die water wat tussen die blare vasgevang is.[1]

A. fasciata word in die FDA se Giftige Plantdatabasis aangegee as irriterend vir die vel en kan ’n allergie veroorsaak.[3]

Kultivars[wysig | wysig bron]

  • Aechmea 'Aton'
  • Aechmea 'Auslese'
  • Aechmea 'Chantata'
  • Aechmea 'Charles Hodgson'
  • Aechmea 'Checkers'
  • Aechmea 'Club Maurice'
  • Aechmea 'Cosmic Starburst'
  • Aechmea 'DeLeon'
  • Aechmea 'Dennis B.'
  • Aechmea 'Donna Marie'
  • Aechmea 'Fascidata'
  • Aechmea 'Fascini'
  • Aechmea 'Friederike'
  • Aechmea 'Frost'
  • Aechmea 'Fulgo-Fasciata'
  • Aechmea 'Henrietta'
  • Aechmea 'Ivory'
  • Aechmea 'Julie Sewell'
  • Aechmea 'Kiwi'
  • Aechmea 'Leucadia'
  • Aechmea 'Margarita L.'
  • |Aechmea 'Mona'
  • Aechmea 'Morgana'
  • Aechmea 'Pink Fantasy'
  • Aechmea 'Pink Rocket'
  • Aechmea 'Primera'
  • Aechmea 'Purple Velvet'
  • Aechmea 'Red Rocket'
  • Aechmea 'Silver King'
  • Aechmea 'Smoothie'
  • Aechmea 'Starbrite'
  • Aechmea 'White Head'
  • xAndrolaechmea 'Crateriformis'
  • xBillmea 'Rangitoto'
  • xCanmea 'Wild Tiger'
  • xNeomea 'Fascidorffii'
  • xNeomea 'Pink Cascade'
  • xNidumea 'Angellina'
  • xNidumea 'Midnight'
  • xNidumea 'Superstar'
  • xQuesmea 'Facsimile'

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. 1,0 1,1 1,2 Gilman, Edward F. (Oktober 1999). Aechmea fasciata (Report). University of Florida Cooperative Extension Service. http://hort.ufl.edu/shrubs/AECFASA.PDF. Besoek op 2009-11-09. 
  2. Longman, David. Gesonde Huisplante, Stap vir Stap Geïllustreer, J.L. van Schaik, Pretoria. 1992. ISBN 0 627 01827 0
  3. "FDA Poisonous Plant Database". U.S. Food and Drug Administration (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Maart 2016. Besoek op 21 Julie 2014.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]