Vätternmeer

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Vätternmeer

Nasa-Satellietbeeld van die Vätternmeer

Kaart van die Vätternmeer
Koördinate:58°24′N 14°36′O / 58.400°N 14.600°O / 58.400; 14.600Koördinate: 58°24′N 14°36′O / 58.400°N 14.600°O / 58.400; 14.600
Ligging:Swede
Soort:Binnemeer
Oppervlakte:1 886 km² (728 myl²)[1]
Gemiddelde diepte:40 m (131 vt)[1]
Maksimum diepte:120 m (394 vt)[1]
Volume:73,5 km³ (17,6 myl³)[1]
Lengte:135 km (84 myl)[1]
Breedte:31 km (19 myl)[1]
Invloei:Forsviksån, Tabergsån, Huskvarnaån
Uitvloei:Motala ström
Eiland/e:Visingsö
Nedersettings:Jönköping, Askersund, Hjo, Karlsborg, Motala, Vadstena en Gränna

Die Vätternmeer (Sweeds: Vättern, [ˈvɛ̌tːɛɳ]) is die sesde grootste meer in Europa met 'n oppervlakte van 1 886 km². Daarbenewens is dit die naasgrootste meer van Swede net na die Vänernmeer. Dit is in die suide van Swede, tussen Stockholm in die ooste en Gotenburg in die weste, geleë en grens aan die provinsies Västergötland, Närke, Östergötland en Småland.

Kaart van Swede met die Vätternmeer in die suide
'n Sweedse sauna op die bevrore Vätternmeer

Die Vätternmeer vorm saam met die Vänernmeer deel van 'n waterweg regdeur Swede tussen Gotenburg in die weste en die Oossee in die ooste, wat die Trollhätte-kanaal langs die Göta älv in 'n westelike rigting en die Göta-kanaal in 'n oostelike rigting insluit. Jönköping is die grootste stad aan die Vätternmeer en lê langs die suidoewer.

Jaarliks vind in Juniemaand 'n fietstoer rondom die Vätternmeer plaas: Vätternrundan ("Vätternrondvaart"). Dit begin en eindig in Motala en loop oor sowat 300 km. Dit behels geen pryse nie en is oop vir Jan Alleman.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 1,5 (sv) "Fakta om Vättern". Sweedse Meteorologiese en Hidrologiese Instituut. 30 April 2024. Besoek op 7 Mei 2024.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]