Umeå

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Umeå


Europese Kultuurhoofstad 2014
Europeisk kulturhuvudstad 2014


Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Swede Swede
 Landskap Västerbotten
 Län Västerbotten
 Koördinate 63°49′N 20°16′O / 63.817°N 20.267°O / 63.817; 20.267
 Stigting (eerste verwysing) ca. 14de eeu
 Oppervlakte:  
 - Totaal (kommun) 5 277,35 vk km[1]
 Hoogte bo seevlak 12 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2023) 133 091[2]
 - Bevolkingsdigtheid (kommun) 25,2/vk km
 Tydsone UTC +1 (MET)
 - Somertyd UTC +2 (MEST)
 Klimaat  
 - Tipe Kontinentaal-gematig
 - Gemiddelde jaarlikse temperatuur 3,9 °C
 - Gem. temp. Januarie/Julie −6,2 / 16,0 °C
 - Gemiddelde jaarlikse neerslae 634,6 mm
 Amptelike webwerf www.umea.se

Umeå (Sweeds: [ˈʉ̌ːmɛɔ], ; Fins: Uumaja; Ume Sámi: Ubmeje; Suid-Samies: Upmeje; Noord-Samies: Ubmi) is 'n stad in die noorde van Swede in die provinsie Västerbotten. Dit is die hoofstad van die gelyknamige provinsie en ook die grootste stad in die Norrland-streek. Die stad beslaan 'n oppervlak van 5 277,35 km² en het in 2023 'n bevolking van 133 091 gehad.

Umeå se stadsaal

Umeå is al vir 'n geruime tyd een van die snelgroeiende stede in Swede. Die stad begin veral in 1965, na die stigting van die stad se universiteit, sterk te groei. Dit groei vandag steeds en 700 tot 800 nuwe wonings word per jaar gebou.[3]

Die stad staan in Swede bekend as die "berkestad", omdat daar baie lane met berkebome is. Die rivier Ume älv mond naby Umeå in die Botniese Golf uit. Die sokkerklub Umeå IK en die Universiteit van Umeå kan in die stad gevind word.

Umeå is saam met die Letse hoofstad Riga aangewys as Europa se Kulturele Hoofstad van die Jaar 2014.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) "Square kilometre by region, type of area and year". Statistiek Swede. 2024. Besoek op 12 Mei 2024.
  2. (sv) "Folkmängd och befolkningsförändringar – Kvartal 4, 2023". Statistiek Swede. 22 Februarie 2024. Besoek op 12 Mei 2024.
  3. (sv) "Meer inligting oor Umeå". Umeå kommun. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 September 2011. Besoek op 29 September 2011.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]