Triliton

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Triliet by Stonehenge
Triliton-ingang, Mnajdra tempel, Malta

'n Triliton (of triliet) is 'n struktuur wat bestaan uit twee groot vertikale stene (pale) wat 'n derde steen horisontaal dwarsoor die bokant van die vertikale pale ondersteun (dwarsbalk). Dit word algemeen in die konteks van megalitiese monumente gebruik. Die beroemdste trilitonne is dié van Stonehenge in Engeland en die megalitiese tempels van Malta, wat beide  UNESCO Wêrelderfenisgebiede is.

Die woord triliton is afgelei van die Grieks "driestenig" (τρι-/tri- 'drie' + λίθος/lithos 'steen') en is vir die eerste keer deur William Stukeley gebruik.