TSV Buchbach

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
TSV Buchbach

Volledige naam Turn- und Sportverein
Buchbach e.V.
Stigtingsdatum 1913
Tuisveld Jahnstadion,
Buchbach
Kapasiteit 3 000
Kompetisie Oberliga Beiere

TSV Buchbach is 'n sportklub uit Buchbach in die deelstaat Beiere in Duitsland, veral bekend vir sy sokkerafdeling. Benewens sokker het die klub ook afdelings vir tennis, gimnastiek, ski en ysbal.

Die klub is oorspronklik in 1913 gestig as Turnverein Buchbach, maar die klub het eers in 1930 'n sokkerafdeling gekry. In 1945 is die klub deur die Geallieerdes ontbind en in 1946 is dit herstig met die huidige naam.

Die klub het bekendheid verwerf deurdat dit die Duitse rekordhouer is vir die meeste amptelike wedstryde sonder 'n nederlaag, naamlik 75. Die rekord is behaal tussen 19 Augustus 1995 en 23 Mei 1998.

Onlangse ligaposisionering[wysig | wysig bron]

  • 1998-99 (VIII) Kreisliga 1ste
  • 1999-00 (VII) Bezirksliga Oberbeiere Oos 9de
  • 2000-01 (VII) Bezirksliga Oberbeiere Oos 2de
  • 2001-02 (VII) Bezirksliga Oberbeiere Oos 5de
  • 2002-03 (VII) Bezirksliga Oberbeiere Oos 2de
  • 2003-04 (VI) Bezirksoberliga Oberbeiere 1ste
  • 2004-05 (V) Landesliga Suid 12de
  • 2005-06 (V) Landesliga Suid 6de
  • 2006-07 (V) Landesliga Suid 5de
  • 2007-08 (V) Landesliga Suid 1ste
  • 2008-09 (V) Oberliga Beiere

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Oberliga Beiere 2008/09-seisoen

TSV Aindling - SpVgg Ansbach 09 - 1. FC Bad Kötzting - TSV Buchbach - SpVgg Bayreuth -
FSV Erlangen-Bruck - VfL Frohnlach - FC Ingolstadt 04 II - SpVgg Beiere Hof - TSV 1896 Rain -
FC Memmingen - FC Ismaning - SV Seligenporten - 1. FC Schweinfurt 05 - TSG Thannhausen -
Würzburger Kickers - SpVgg Weiden - Würzburger FV