Suidelike Krap-newel
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Die Suidelike Krap-newel is ’n newel ’n paar duisend ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Sentour. Die middel van die newel is ’n sterpaar wat bestaan uit ’n Mira-veranderlike en ’n witdwerg.
Die naam onderskei die newel van die Krap-newel in die Noordelike Halfrond. Van die Aarde af lyk dit soos die lyf en pote van ’n krap of soos ’n uurglas. Die newel is vantevore al met teleskope van die Aarde af gesien, maar foto's deur die Hubble-ruimteteleskoop (regs) in 1999 wys baie meer detail.
Die Suidelike Krap-newel word ook of Hen2-104 of Herithwock 137-80 genoem.
Verwysings[wysig | wysig bron]
- Hubble Site Geargiveer 21 Maart 2010 op Wayback Machine, URL besoek op 4 Maart 2007.
- SIMBAD, URL besoek op 23 Mei 2007
- Google Sites, URL besoek op 7 Augustus 2013
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia