Spreetshoogtepas
Spreetshoogtepas | |
Uitsigpunt bo op die pas.
| |
Ligging | Noordoos van Solitaire |
---|---|
Maksimumhelling | 1:4,5 |
Pad | D1275 |
Spreetshoogtepas is 'n bergpas deur die Rantberge op die D1275-verbindingspad deur die Namibwoestyn tussen die C14 en C24 en is noordoos van Solitaire. Skerp draaie en 'n helling van tot 1:4,5 veroorsaak dat die pad nie geskik is vir motors wat karavane sleep nie. Die pas is bekend om die besonder mooi uitsig wat dit oor die Namibwoestyn bied.
Die bergpas is genoem na Nicolaas Spreeth, wat tydens die Tweede Wêreldoorlog op die plaas Ubib geboer het wat onder die pas geleë is. Spreeth het die pas tereg met sy eie hande gebou.[1]
Galery[wysig | wysig bron]
Sien ook[wysig | wysig bron]
Verwysings[wysig | wysig bron]
- ↑ "Klip vir klip – die bou van Spreetshoogtepas". Die Republikein. Gondwana History#64. 2 September 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2016.
Eksterne skakels[wysig | wysig bron]
Wikimedia Commons bevat media in verband met Spreetshoogte Pass. |