Sjabloonbespreking:Succession box

Page contents not supported in other languages.
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Hi Mr. Anonymous - lyk my ons dupliseer mekaar se werk so bietjie hier. Ek het so rukkie terug ook die Succession box na Sjabloon:opvolgboks vertaal soos gebruik in Abdoulaye Wade. Ek het nog bietjie gesukkel om myne heeltemaal reg te laat werk. Dalk moet ons saam span en een maak wat ordentlik werk. Laurens 18:38, 17 Januarie 2006 (UTC)[antwoord]

Ek sal die hulp waardeer, ek is maar nuut met die hele sjabloon ding, en kopieer dit maar direk van Engels soos dit daar voorkom, met die nodige wysigings natuurlik. GEWOONLIK werk dit, maar hierdie een wil net nie. Ek verstaan so min of meer hoe die goed werk, maar die fynere details het ek nog nie bemeester nie. Ek sien ook dat die Engelse Wikipedia 'n ander sisteem het. Byvoorbeeld Template:Start box en Template:End box wat dan voor en na die ander sjablone kom. Om een of ander rede. Daar is instruksies by en:Template:Start box. Mr. Anonymous 19:55, 17 Januarie 2006 (UTC)[antwoord]
Hi - as jy by Abdoulaye Wade en en:Abdoulaye Wade kyk sal jy sien dat my poging amper werk - dis net die formaat van die tabel wat ek nog nie reg het nie - die engelse weergawe het so ligte grys agtergrond en lyne wat om een of ander rede nie hier werk nie. Moenie sleg voel oor die ingewikkeldheid van sjablone nie - dit is nogal 'n storie. Laurens 20:27, 17 Januarie 2006 (UTC)[antwoord]
Haai julle twee! Dankie vir die moeite met die sjablone. Onthou asb. om julle sjablone êrens te dokumenteer, anders weet mense nie wat bestaan en wat nie. Verder wil ek voorstel dat julle miskie maar altyd 'n aanstuur maak vanaf 'n die Engelse titel sodat iemand wat daarvoor soek dit sal kan kry. Dit is jammer as ons op Engels moet staad maak om ons sake te reël, maar ek dink dit sal goed werk. Miskien wil julle êrens begin om sjabloonriglyne te skryf of iets. (skimp :-) --Alias 09:40, 18 Januarie 2006 (UTC)[antwoord]