Serwië

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Republiek Serwië
Република Србија
Republika Srbija(Serwies)
Vlag van Serwië Wapen van Serwië
Vlag Wapen
Volkslied: Боже правде
(tr.: Bože pravde)
(Serwies vir: "God of Geregtigheid")
Ligging van Serwië
Hoofstad Belgrado

44°48′N 20°28′O / 44.800°N 20.467°O / 44.800; 20.467

Grootste stad Belgrado
Amptelike tale Serwies
Regering Unitêre parlementêre
grondwetlike republiek
Aleksandar Vučić
Miloš Vučević
Onafhanklikheid
Vorming
• Middeleeuse prinsdom
• Middeleeuse koninkryk
Ottomaanse verowering
• Prinsdom Serwië
• Koninkryk Serwië
• Unifikasie in Joego-Slawië
• Onafhanklike republiek


Laat 8ste eeu
1217/1346
1459–1556
1815
1882
1 Desember 1918
5 Junie 2006
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
77 747[1] km2  (111ste)
30 018 myl2
0,13 (insluitend Kosovo)
Bevolking
 - 2024-skatting
 - 2024-sensus
 - Digtheid
 
6 652 212[1] (109de)
6 647 003[2]
85,7 / km2 (130ste)
222,0 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2024-skatting

$185,014 miljard[3] (sonder Kosovo) (80ste)
$27 985[3] (sonder Kosovo) (68ste)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2024-skatting

$81,873 miljard[3] (sonder Kosovo) (88ste)
$12 384[3] (sonder Kosovo) (80ste)

MOI (2022) 0,805[4] (65ste)  –  hoog
Gini (2021) 33,1[5](72ste) –  medium
Geldeenheid Dinar (RSD)
Tydsone
 - Somertyd
MET (UTC+1)
MEST (UTC+2)
Internet-TLD .rs, .срб
Skakelkode +381

Serwië (Serwies: Србија/Srbija [sř̩bija] ), amptelik die Republiek Serwië (Република Србија/Republika Srbija), is 'n landingeslote land geleë in Sentraal- en Suidoos-Europa. Dit word in die noorde begrens deur Hongarye, in die ooste deur Roemenië en Bulgarye, in die suide deur Albanië en Noord-Masedonië en in die weste deur Montenegro, Kroasië en Bosnië en Herzegowina. Serwië se hoofstad en grootste stad is Belgrado, geleë aan die monding van die Savarivier in die Donau.

Belgrado, hoofstad en grootste stad van Serwië
Kaart van Serwië
Etniese kaart van Serwië

Die moderne land Serwië het ontstaan in 1817 na die Tweede Serwiese Opstand en het in 1878 onafhanklikheid verklaar van die Ottomaanse Ryk.

Die land se huidige grense is vasgestel na die Tweede Wêreldoorlog, toe Serwië 'n federale deel geword het binne die Sosialistiese Federale Republiek Joegoslawië. Serwië het weer 'n onafhanklike land geword in 2006, nadat Montenegro die Unie verlaat het wat gevorm is na die verval van Joego-Slawië in die jare 90.

Demografie[wysig | wysig bron]

Daar woon 7 041 599 mense in Serwië en Kosovo. 83,3% van die populasie is Serwiërs, 3,5% is Hongare, 2,1% Roma, 2% is Bosniake, 1,1% Italianers en 5% ander groepe.[1]

Godsdiens[wysig | wysig bron]

84,6% is Serwies-Ortodoks; 5% is Rooms-Katoliek en 10% is ander Christene en Moslems.[1]

Tale[wysig | wysig bron]

88,1% praat Serwies, 3,4% praat Hongaars en minder as 9% ander tale.[1]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 (en) "Serbia". Central Intelligence Agency. Besoek op 6 Mei 2024.
  2. (en) "Final results – Ethnicity". Statistiekkantoor van Serwië. Besoek op 6 Mei 2024.
  3. 3,0 3,1 3,2 3,3 (en) "Serbia". Internasionale Monetêre Fonds. April 2024. Besoek op 6 Mei 2024.
  4. (en) "Human Development Report 2023/2024" (PDF). United Nations Development Programme. 13 Maart 2024. Besoek op 6 Mei 2024.
  5. (en) "Gini index – Serbia". Wêreldbank. Besoek op 6 Mei 2024.

Bronnelys[wysig | wysig bron]

Algemeen

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]