Selatirivier
Selatirivier Ga-Selatirivier | |
---|---|
Stroomgebied | Limpopo, Suid-Afrika |
Monding | Olifantsrivier naby Phalaborwa |
Lengte | 140 km |
Monding-hoogte | 297 m |
Koördinate: 24°2′20″S 31°10′20″O / 24.03889°S 31.17222°OKoördinate: 24°2′20″S 31°10′20″O / 24.03889°S 31.17222°O |
Die Selatirivier (ook plaaslik Ga-Selatirivier genoem) is 'n sytak van die Olifantsrivier in Limpopo, Suid-Afrika.
Oorsprong[wysig | wysig bron]
Die Selatirivier ontspring op die ruwe westelike hange van die Wolkberge, 'n deel van die Strydpoortberge, omtrent 20 km suidoos van Tzaneen (24°07′14″S 30°21′53″O / 24.12061°S 30.3646°O).
Roete en takke[wysig | wysig bron]
Ná dit ontspring het in hierdie hoë reënvalgebied, vloei die rivier meestal ooswaarts vir 140 kilometer, deur landelike nedersettings en wildreservate, voordat dit sowat 7 kilometer suid van Phalaborwa by die Olifantsrivier aansluit. (24°02′20″S 31°10′20″O / 24.03889°S 31.17222°O).[1]
Die Selatirivier se grootste sytakke is die Ngwabitsi- en Mulatiriviere, beide sluit van regs af aan.[2]
In die droë seisoen is die rivierbeddding van die Selati ook droog vir die grootste deel van sy lengte. Die Selatirivier is erg besoedel in sy onderste lope te danke aan die mynbedrywighede in Phalaborwa.[3]
Damme in die bekken[wysig | wysig bron]
- Harmoniedam by 24°3′25″S 30°29′0″O / 24.05694°S 30.48333°O, in die Ga-Selatirivier.
- Selatidam by 24°4′0″S 30°31′23″O / 24.06667°S 30.52306°O, in die Ga-Selatirivier.
- Toursdam by 24°6′11″S 30°15′3″O / 24.10306°S 30.25083°O, in die Ngwabitsirivier.
Verwysings[wysig | wysig bron]
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |