Sabi Sabi

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Rigtingaanwyser na Sabi Sabi Lodge

Sabi Sabi is 'n privaatwildreservaat in Mpumalanga, Suid-Afrika. Dit is geleë in die Sabi Sand-wildreservaat wat aan die suidwestelike deel van die Krugerwildtuin grens. Die Sabi Sandreservaat is een van die parke waaruit die Groter Krugerwildtuin bestaan.

Dit is 'n bewaringsgebied waar die groot vyf wild (leeu, luiperd, renoster, buffel en olifant) natuurlik voorkom.

Wild[wysig | wysig bron]

Uitsig vanaf die dek van die Sabi Sabi Lodge

Die reservaat beskik oor 'n groot verskeidenheid vrylopende wildsoorte. Behalwe die Groot vyf, is daar ook sebra, kameelperd, klipspringer, steenbok, rooibok, rooijakkals, blouwildebees, rooihartbees, njala, koedoe, duiker, Kaapse bobbejaan, jagluiperd, Afrikasivet, seekoei, grootkolmuskeljaatkat, gevlekte hiëna, rietbok, kolhaas, nagapie, witkwasjakkals, swartkwasmuishond, boomeekhoring, blouaap, vlakvark, ystervark, vaalboskat, waterbok, wildehond en witstertmuishond.

Voëllewe sluit in saalbekooievaar, aasvoël, veereier en bruinkoppapegaaie, sowel as verskeie spesies reptiele, visse en ongewerweldes. [1]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. "Wild Facts". Sabi Sabi Private Game Reserve (in Engels (VSA)). Besoek op 3 April 2019.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]