SEACOM
SEACOM is 'n optiese vesel-onderwaterdatakabel wat Suid-Afrika met die wêreld verbind via die ooskus van Afrika. Dit is die eerste onderwaterkabel wat langs die ooskus van Afrika geïnstalleer word. Suid-Afrika is verbind met Europa via die weskus van Afrika met die SAT-2 en SAT-3/WASC onderwaterkabels terwyl dit met die ooste verbind is deur die SAFE onderwater optiese vesel-kabel.
Die kabel is in diens gestel op 23 Julie 2009.
Landingspunte[wysig | wysig bron]
Die SEACOM-kabel het landingspunte in die volgende lande:
- Ras Sidr naby Suez (Egipte)
- Djiboeti
- Mombasa, (Kenia )
- Dar-es-Salaam, (Tanzanië)
- Maputo, (Mosambiek)
- Mtunzini, (Suid-Afrika)
- Toliary, (Madagaskar)
- Moembaai, (Indië)
Bandwydte[wysig | wysig bron]
Seacom is ontwerp om diens te verskaf teen 1,28 Tbis•s-1 en kan met gemak onder andere TV-dienste, IPTV en internetdienste aan operateurs verskaf in die lande waarmee dit verbind is. In Suid-Afrika sal MTN, Vodacom en Neotel bandwydte by Seacom koop.
Projek[wysig | wysig bron]
Die totale lengte van die kabel is 17 000 km. Die kabel is deur Tyco Telecommunication geīnstalleer. Die projek kos sowat $600 miljoen (R4,5 miljard).
Eienaarskap[wysig | wysig bron]
Die kabel het verskeie eienaars; 23,75% behoort aan 'n internasionale belegger nl. Herakles Capital en die res aan beleggers vanuit Afrika: Industrial Promotion Services, Venfin, Convergence Partners en Shanduka.