Rooisuikerbos
Rooisuikerbos | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | P. grandiceps
|
Binomiale naam | |
Protea grandiceps Tratt., 1808
|
Die rooisuikerbos (Protea grandiceps) is 'n blomdraende struik wat hoort tot die bekende Protea genus. Die plant is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Kaapse Skiereiland, Hottentots-Hollandberge, Riviersonderendberge, Langeberg, Outeniquaberge, Groot-Winterhoekberge en Kammanassieberge voor waar dit deel van die fynbos-bioom is. Die struik is rond en word 2.0 m hoog en blom van September tot Januarie.
Vuur vernietig die plant maar die sade oorleef. Die saad word geberg in 'n doppie en deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van voëls. Die plant groei op die droë, boonste berghellings op hoogtes van 1 200 - 1 700 m.
Die boom se FSA-nommer is 89.2[1]. In Engels staan dit as die Red sugarbush bekend.
Galery[wysig | wysig bron]
Sien ook[wysig | wysig bron]
Bronne[wysig | wysig bron]
Verwysings[wysig | wysig bron]
Eksterne skakels[wysig | wysig bron]
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Rooisuikerbos.