Resolusie 418 van die VN se Veiligheidsraad
Die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad Resolusie 418, eenparig aangeneem op 4 November 1977, het 'n verpligte wapenverbod teen Suid-Afrika opgelê. Hierdie resolusie het verskil van die vorige Resolusie 282, wat slegs vrywillig was. Die sanksies was daarna strenger toegepas en is ook uitgebrei deur Resolusie 591.
Impak[wysig | wysig bron]
Die verbod het 'n direkte impak gehad op die volgende gebeure:
- Laaste minuut kansellasie van die verkoop van D'Estienne d'Orves-klas korvette en Agosta-klas duikbote deur Frankryk.[1]
- Die aankoop van Saar 4 klas missielbote van Israel, waarvan sommige later in die geheim in Suid-Afrika gebou is.
- Suid-Afrika se onvermoë om moderne vegvliegtuie aan te koop om die lugsuperioriteit van Kubaanse MiG-23s teenoor die SALM te verbreek in die Suid-Afrikaanse Grensoorlog.[2]
- Die groei van die hedendaagse multi-miljard dollar Suid-Afrikaanse wapenbedryf.
- Die staking van die Verenigde State se versending van verrykte uraanbrandstof vir Suid-Afrika se SAFARI-1 navorsingskernreaktor.[3]
Verwysings[wysig | wysig bron]
- ↑ Andre Wessels (20 April 2007). "The South African Navy During The Years of Conflict In Southern Africa, 1966–1989" (PDF). Sabinet Online Ltd. Besoek op 12 Mei 2008.
{{cite journal}}
: Cite journal requires|journal=
(hulp) - ↑ Hilton Hamann (2001). Days of the Generals. South Africa: Zebra. p. 99. ISBN 1-86872-340-2. Besoek op 12 Mei 2008.[dooie skakel]
- ↑ David Albright (Julie 1994). "South Africa and the Affordable Bomb". Bulletin of Atomic Scientists: 37–47.