Raad op Finansiële Dienste
Die Raad op Finansiële Dienste (RFD; Engels: Financial Services Board, FSB) is 'n onafhanklike instelling in Suid-Afrika wat deur wetgewing (Wet op die Raad op Finansiële Dienste 97 van 1990) daargestel is om die bankverwante finansiële dienste in Suid-Afrika te reguleer in die openbare belang. Die raad se kwaliteitsbestuurstelsel is ISO 9001 gesertifiseer.
Geskiedenis[wysig | wysig bron]
Die totstandkoming van die raad het gevolg op die aanbevelings van die Van Der Horst Komitee in 1990. Die Wet op Finansiële Advies en -Tussengangerdienste (Engels: FAIS - Financial Advisory and Intermediate Services Act) het in 2002 in werking getree en die raad se gesag is daarmee uitgebrei tot sekere aspekte van die optrede in die bankwese.
Wetgewing[wysig | wysig bron]
Die wetgewing waarmee die Raad op Finansiële Dienste belas is om oor toesig te hou is:
- Wet op Pensioenfondse, 24 van 1956
- Wet op Onderlinge Bystandsverenigings, 25 van 1956
- Wet op Finansiële Instellings (Beskerming van Fondse), 28 van 2001
- Wet op die Finansiële Toesig oor die Padongelukkefonds, 8 van 1993
- Wet op die Toesig oor die Rasionalisering van Finansiële Instellings, 32 van 1996
- Wet op Langtermynversekering, 52 van 1998
- Wet op Korttermynversekering, 53 van 1998
- Wet op Inspeksie van Finansiële Instellings, 80 van 1998
- Wet op Handel met Voorkennis, 135 van 1998
- Wet op Finansiële Advies en -Tussengangerdienste, 37 van 2002
- Wet op die Beheer van Gesamentlike Bellegingsskemas, 45 van 2002
- Wet op Sekuriteite Dienste, 36 van 2004
Eksterne skakels[wysig | wysig bron]
- Amptelike webwerf Geargiveer 3 Augustus 2019 op Wayback Machine