Oulu

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Oulu
Uleåborg

Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Finland Finland
 Landskap Oulu
 Provinsie Noord-Pohjanmaa
 Koördinate 65°01′N 25°28′O / 65.017°N 25.467°O / 65.017; 25.467
 Gestig op 8 April 1605
 Oppervlakte:  
 - Totaal 3 817,52 vk km[1]
 - waarvan land 2 970,97 vk km
 Hoogte bo seevlak 0–60 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2022) 211 848[2]
 - Bevolkingsdigtheid 71,3/vk km
 Tydsone UTC +2 (OET)
 - Somertyd UTC +3 (OEST)
 Klimaat  
 - Tipe Kontinentaal-gematig
 - Gemiddelde jaarlikse temperatuur 3,3 °C
 - Gem. temp. Januarie/Julie −8,2 / 16,7 °C
 - Gemiddelde jaarlikse neerslae 525 mm
 Burgemeester Seppo Määttä
 Amptelike webwerf ouka.fi

Oulu (Fins: [ˈou̯lu], ; SweedsUleåborg, [ʉːlɛɔˈbɔrj], ) is 'n stad en munisipaliteit in die noordweste van Finland, aan die kus van die Botniese Golf by die monding van die Oulujoki-rivier. Met 'n oppervlakte van 3 817,52 vierkante kilometer en 'n bevolking van 211 848 (2022) is dit die vyfde grootste stad in dié land ná Helsinki (Helsingfors), Espoo (Esbo), Tampere (Tammerfors) en Vantaa (Vanda), asook die grootste stad in Noord-Finland. Die stad is in 1605 gestig en is ook hoofstad van die streek Noord-Pohjanmaa.

In teenstelling met ander groot stedelike nedersettings in Finland is Oulu se Sweedssprekende minderheid met iets meer as 300 persone of 0,2 persent van die totale bevolking so klein dat Oulu amptelik as 'n enkeltalig Finse stad geadministreer word.

Die Universiteit van Oulu is in 1959 gestig.

Galery[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (fi) (sv) "Suomen pinta-ala kunnittain – Finlands areal kommunvis" (PDF). Nasionale Landopname van Finland. 1 Januarie 2018. Besoek op 13 Mei 2024.
  2. (en) "Municipal key figures by Region 2023 and Information". Statistiek Finland. 2022. Besoek op 13 Mei 2024.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]