Karie
Karie | |
---|---|
Die Gloucester-boom, 'n reusagtige eksemplaar in Wes-Australië | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Myrtales |
Familie: | Myrtaceae |
Genus: | Eucalyptus |
Spesie: | E. diversicolor
|
Binomiale naam | |
Eucalyptus diversicolor | |
Die natuurlike verspreiding in suidelike Wes-Australië |
Die karie (Eucalyptus diversicolor) is 'n bloekomboom en indringerplant uit Australië wat in Suid-Afrika genaturaliseer geraak het. In Australië is dit inheems aan die hoër reënvalgebiede van suidelike Wes-Australië, en is ook 'n bosbouspesie van kommersiële belang. Dit bereik tipies 'n hoogte van tussen 10 en 60 meter, maar kan by uitsondering so hoog as 90 meter groei. Die volksnaam Karie is ontleen aan die inheemse Noengartaal, en die spesienaam diversicolor reflekteer dat die blare se bo- en onderkante verskillend gekleurd is.
Suid-Afrikaanse aanplantings[wysig | wysig bron]
Die groep karie-bloekoms wat in 1922 by Harkerville oos van Knysna geplant is groei 'n eeu later al 70 meter hoog. 'n Laning karie-bloekoms wat meer as twee eeue gelede op die Boschendal-landgoed op die Helshoogtepad geplant is, het 'n hoogte van 50 meter, en 'n kroonspan van 33 meter. Albei hierdie boomgroepe is tot kampioenbome verklaar wat ingevolge die Nasionale Bosbouwet (Wet nr. 84 van 1998) beskerming geniet.[1]
Fotogalery[wysig | wysig bron]
-
Saailing
-
Blare en vrugte
-
Karie-bloekoms in Wes-Australië
-
'n Kariebos
Sien ook[wysig | wysig bron]
Bronne[wysig | wysig bron]
- Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 ISBN 978 1 77007 832 1
Verwysings[wysig | wysig bron]
- ↑ Esterhuyse, Neels; von Breitenbach, Jutta; Soehnge, Hermien; van der Merwe, Izak (2016). Remarkable Tree of South Africa, Table 4: Champion trees in South Africa (2de uitg.). Pretoria: Briza. pp. 51–61. ISBN 978-1-920217-66-2.