Chanakya

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
’n Kunstenaar se voorstelling van Chanakya.

Chanakya () was ’n Antieke Indiese onderwyser, filosoof, ekonoom, juris en konininklike raadgewer. Hy word tradisioneel geïdentifiseer as Kautilya of Vishnugupta, skrywer van die antieke Indiese politieke verdrag die Arthashastra,[1] ’n geskrif uit rofweg tussen die 4de eeu v.C. en die 3de eeu n.C.[2] Hy word dus in Indië beskou as die pioenier in die velde politieke wetenskap en ekonomie, en sy werk as ’n belangrike voorloper tot klassieke ekonomie.[3][4] Sy werk het verlore gegaan aan die einde van die Guptaryk in die 6de eeu n.C. en is eers vroeg in die 20ste eeu herontdek.[4]

Chanakya het die eerste keiser van die Mauryaryk, Chandragupta, gehelp om sy mag te bekom. Hy kry algemeen krediet daarvoor dat hy gehelp het om die Mauryaryk te stig. Hy was die hoofadviseur van keiser Chandragupta sowel as sy seun, Bindusara.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Mabbett, I. W. (1964). "The Date of the Arthaśāstra". Journal of the American Oriental Society. American Oriental Society. 84 (2): 162–169. doi:10.2307/597102. ISSN 0003-0279. JSTOR 597102.
  2. Transaction and Hierarchy. Routledge. 9 Augustus 2017. p. 56. ISBN 978-1351393966.
  3. L. K. Jha, K. N. Jha (1998). "Chanakya: the pioneer economist of the world", International Journal of Social Economics 25 (2–4), p. 267–282.
  4. 4,0 4,1 Waldauer, C., Zahka, W.J. and Pal, S. 1996. Kauṭilya's Arthashastra: A neglected precursor to classical economics Geargiveer 10 Januarie 2020 op Wayback Machine. Indian Economic Review, Vol. XXXI, No. 1, pp. 101–108.

Skakels[wysig | wysig bron]