Cartouche

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Antieke Egiptiese cartouche van Toetmoses III.

’n Cartouche in Egiptiese hiërogliewe is ’n ovaal met ’n horisontale streep aan die einde wat aandui dat die teks daarbinne die naam van ’n farao is. Dit is soms ook vir die naam van gode gebruik. Hoewel die cartouche gewoonlik vertikaal met ’n horisontale eindstreep is, is dit soms horisontaal met ’n vertikale eindstreep.[1] In populêre skrif, ’n vereenvoudigde vorm van die hiërogliewe wat later ontstaan het, is die cartouche gereduseer tot twee hakies en ’n vertikale lyn.

Die farao se troon- en persoonlike naam is gewoonlik binne die cartouche geskryf. Die doel daarvan was om hom te beskerm teen bose geeste, in die lewe en die dood.

Naam[wysig | wysig bron]

Die antieke Egiptiese naam daarvoor was sjenoe, want die cartouche was die uitbreiding van ’n sjen-ring, die simbool vir ewigheid.

Die woord "cartouche" is die eerste keer deur die soldate van Napoleon gebruik toe hulle Egipte binnegeval en dié ovaal ringe teëgekom het oral waar hulle gegaan het. Dit het vir hulle gelyk soos ’n geweer se patroon (Frans: cartouche).[2]

Voorbeeld[wysig | wysig bron]

Die naam van Cleopatra binne-in ’n cartouche lyk so:

<
q
rw
iwApAd
r
tAH8
>

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. http://artyfactory.org/egyptian_art/cartouche_lesson/cartouche_lesson.htm
  2. White, Jon Manchip, Everyday Life in Ancient Egypt, Courier Dover 2002, p.175

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

  • "Cartouches" (PDF) (in Arabies). Egiptiese Staatsinligtingsdiens. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF, 8,87 MB) op 15 Junie 2011. Besoek op 13 Julie 2010.