Blinkblaarrotskruiper
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Blinkblaarrotskruiper | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Divisie: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | M. lycopodioides
|
Binomiale naam | |
Microgramma lycopodioides (L.) Copel
| |
Sinonieme | |
|
Die blinkblaarrotskruiper (Microgramma lycopodioides (L.) Copel syn. M. mauritiana (Willd.) Tardieu[1]) is 'n varingspesie wat 'n groot voorkomsgebied het. Dit kom in tropiese Amerika, op die eilande Bioko, Sao Tomé, Principe en Annobon, die tropiese dele van Wes- en Oos-Afrika en in die Suider-Afrika voor. [1] In Suid-Afrika word dit in KwaZulu-Natal en Mpumalanga aangetref. [2]
Die plant kan epilieties of epifieties wees en groei op klippe wat gedeeltelik in die skaduwee lê. Dit besit 'n effens afgeplatte wortelstok tot 5 mm in deursnee wat sydelings vertak en oor die klippe kruip. Die blare is tot 200 mm lank en hul stingel ongeveer 38 mm lank en 1 mm in deursnee. [3]
Verwysings[wysig | wysig bron]
- ↑ 1,0 1,1 "Flora van Zimbabwe" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Februarie 2017.
- ↑ "SANBI-rooilys" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2020.
- ↑ Swaziland ferns and fern allies J.P. Roux 2003 Southern African Botanical Diversity Network Report No. 19. SABONET, Pretoria.