Bespreking:Roossenekal

Page contents not supported in other languages.
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Is dit Mapoch of Mapog?[wysig bron]

Ek sien albei spellings word in die artikel gebruik. Ek sou verwag dat Mapog die regte spelling is, en ek sien dat dit in enkele ander artikels ook so voorkom, maar dan is daar weer die dorpie Mapoch wat moontlik namens die stam vernoem is? JCBrand (kontak) 09:27, 19 November 2015 (UTC)[antwoord]

Pharos gee Mapoch in Engels en Mapog in Afrikaans, ook Mapogstam en Mapoggers. Morne (kontak) 13:00, 19 November 2015 (UTC)[antwoord]

Ek sien my HAT gee Mapog en Mapogger. Die grotte heet steeds Mapochsgrotte en die plaasnaam is Mapochgronde. Plaaslike mense praat van Mapokkers en noem die plek sommer Mapiepieland, veral as dit vir drie weke reën en die droë perskes word vrot. Groete Hentie Joubert (kontak) 05:30, 26 Januarie 2016 (UTC)[antwoord]