Angie oeh

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Angie oeh
GeboortenaamAngelique Eurika Greeff
Gebore16 November 1998
Pretoria, Suid-Afrika
Sterf19 Augustus 2023 (op 24) [1]
Pretoria, Suid-Afrika[2]
GenresKletsrym, hip-hop
Jare aktief2021-2023

Angie oeh[nota 1] (gebore Angelique Eurika Greeff; 16 November 1998 - 19 Augustus 2023) was 'n Afrikaanse kletsrymer van Pretoria, Suid-Afrika. Sy het as gay geïdentifiseer en haar musiek beskryf as "'n ode aan vroue" en haar styl as 'n kombinasie van hip-hop, rock 'n roll en popmusiek.[3]

Angie oeh het musiekvideo's saam met Jack Parow en Van Pletzen gemaak.

Sterfte[wysig | wysig bron]

Sy is op 14 Augustus 2024 met longkanker gediagnoseer en is ses dae later oorlede.[2][4][1][5]

Diskografie[wysig | wysig bron]

Enkelsnitte[wysig | wysig bron]

  • Dis Jou Wyfie, 2022
  • Sex in Afrikaans EP, 2022
  • M.O., 2022
  • Sys 'n Hoe, 2022
  • Omdat Ek Wil, 2022
  • Spicy EP, 2022
  • Mooiste Meisies EP, 2022
  • Die Way Sy, 2023
  • Die Lewe is 'n Lied, 2023
  • Te Sexy, 2023
  • Vet Diamante, 2023

Notas[wysig | wysig bron]

  1. In sommige bronne word die tweede deel van haar verhoognaam met 'n hoofletter geskryf, maar Greeff het verkies om dit met 'n kleinletter te spel. Dit is die spelling wat deur stromingsdienste soos Spotify gebruik word.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. 1,0 1,1 "Afrikaans rapper Angie Oeh dies six days after lung cancer diagnosis". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Augustus 2023. Besoek op 15 Mei 2024.
  2. 2,0 2,1 Tania Heyns (20 Augustus 2023). "Angie Oeh (24) sterf". Maroela Media. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Augustus 2023. Besoek op 21 Augustus 2023.
  3. Jantjies, Candice (3 Augustus 2022). "Angie Oeh wil almal laat dans met nuwe album". Netwerk24. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Julie 2023. Besoek op 30 Julie 2023.
  4. Mthethwa, Cebelihle. "'We are shattered and devastated': Afrikaans rapper Angie oeh loses battle with cancer". News24. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Februarie 2024. Besoek op 15 Mei 2024.
  5. "'Mooiste Meisie', Angie Oeh Has Sadly Passed Away, Five Days After Shocking Lung Cancer Diagnosis". 20 Augustus 2023. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 November 2023. Besoek op 15 Mei 2024.