Die jaar 802 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Dinsdag begin het. Dit was die 2de jaar van die 9de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Keiser Karel die Grote vaardig 'n Capitulare missorum generale af, waarin hy 'n eed van trou eis, reëls vir die geestelikheid afkondig en die stropery opnuut verbied. Dit is 'n soort grondwet vir die nuwe keiserryk.
Govinda III verslaan Vijayaditya II, die Oos-Chalukya-heerser van Vengi en sit sy jonger broer Bhima op die troon. (omtrent 802 [5])
Die Hindoekoning van Khmer Jayavarman II verklaar homself tot "universele monarg" en "godkoning". Die koninkryk rondom Angkor word hiermee onafhanklik van Java.
↑The Conquest of Saxony AD 782–785: Charlemagne's defeat of Widukind of Westphalia David Nicolle Bloomsbury Publishing, 2014,ISBN 1782008268, ISBN 978-1-78200-826-2