Unfucked Pussy

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Unfucked Pussy was 'n Sweedse kunstegroep bestaande uit Joanna Rytel en Fia-Stina Sandlund wat politiese en feministiese kunsaktivisme en ander kunsaktiwiteite uitgevoer het. Die twee lede het tydens 'n kursus in kuns en humor aan Konstfack, die Stockholmse universiteitskollege van die kunste, handwerk en ontwerp, ontmoet. Die duo het van 1999 tot 2003 saamgewerk, toe Rytel haar eie uitvoerende groep Oknullad fitta (Sweeds: Ongefokte kont) gevorm het. Die groep is die bekendste vir hul optrede tydens die Mej. Swede-kompeitisie in 2001 waartydens hulle op die verhoog gestorm het en 'n banier onthul het waarop "Gubbslem" gestaan het.[1] Die Sweedse woord "gubbslem" het 'n tweeledige betekens, daar dit "oumanslym" beteken en ook die naam van 'n alg (Gonyostomum semen) is. Een van hul laaste aksies was tydens die Grammis-toekenningsaand van 2003 toe hulle deur die musiekgroep The Knife uitgenooi is om die groep se Grammis-toekenning vir die beste popgroep van 2003 te ontvang. Unfucked Pussy het as gorillas geklee en met die nommer 50 op hul rûe opgedaag as 'n protes teen die musiekindustrie wat volgens hulle deur mans gedomineer word.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Rosenberg, Tiina. "From Here to Eternity: Miss Julie Strikes Back and Refuses To Die". Western European Stages. New York. 24 (2): 79–84, 95.

Bronne[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]