Serer

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Serer (volk).
Serer
Seereer, سࣹيرࣹيرْ‎
Gepraat in: Vlag van Gambië Gambië
Vlag van Mauritanië Mauritanië
Vlag van Senegal Senegal 
Gebied: Wes-Afrika
Totale sprekers: 1,9 miljoen[1]
Taalfamilie: Niger-Kongo
 Atlanties-Kongo
  Senegambies
   Serer 
Skrifstelsel: Arabiese alfabet
Latynse alfabet 
Amptelike status
Amptelike taal in: Vlag van Senegal Senegal (nasionale taal)
Gereguleer deur: CLAD (Centre de linguistique appliquée de Dakar)
Taalkodes
ISO 639-1: geen
ISO 639-2: srr
ISO 639-3: srr

Serer is 'n Niger-Kongo-taal in Wes-Afrika wat deur sowat 1,9 miljoen mense gepraat word. Dit word deur die Serer-volk gepraat en is een van die belangrike tale in Senegal, naas die amptelike taal Frans. Serer is een van die nasionale tale van dié land.[2] Daarbenewens word Serer in die aangrensende lande Gambië en Mauritanië gepraat.

Serer is die naaste verwant aan Fula en Wolof. Afhangende van die gebied word Serer met die Arabiese of die Latynse alfabet geskryf.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Serer". Ethnologue. Besoek op 28 April 2024.
  2. (en) "Senegal's Constitution of 2001 with Amendments through 2016" (PDF). Constitute Project. Besoek op 28 April 2024.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]