Roskilde

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Roskilde

Kaart Wapen
Seël
 Land Vlag van Denemarke Denemarke
 Administratiewe streek Sjælland
 Koördinate 55°39′N 12°05′O / 55.650°N 12.083°O / 55.650; 12.083
 Stigting 988
 Oppervlakte:  
 - Totaal 211,99 vk km
 Hoogte bo seevlak 0–24 m
 Bevolking:  
 - Totaal (1 Januarie 2023) 52 580
 - Bevolkingsdigtheid 248/vk km
 - Stedelike gebied 82 542
 Tydsone UTC +1 (MET)
 - Somertyd UTC +2 (MEST)
 Burgemeester Thomas Bredam (S)
 Amptelike webwerf roskilde.dk

Roskilde (Deens: [ˈʁʌskilə]) is 'n stad op die Deense eiland Seeland, wat aan die gelyknamige fjord en ongeveer 30 kilometer van Kopenhagen af lê. Roskilde is 'n antieke stad en was die hoofstad van Denemarke tot ongeveer 1400 toe Kopenhagen die rol oorgeneem het. Die Roskildestasie is 'n belangrike stasie tussen Kopenhagen en die res van die land wes van die hoofstad. Deels as gevolg hiervan is die stad die ekonomiese sentrum van die streek met 'n sentrale loopstraat (gågade) met 'n groot verskeidenheid winkels, restaurante en kafees wat deur die middel van die stad loop. Verskeie besienswaardighede trek toeriste van oral in Denemarke en die res van die wêreld. Roskilde is die grootste stad van die administratiewe streek Sjælland, maar nie die hoofstad nie; dit is Sorø.

Die domkerk van Roskilde

Roskilde is in 998 gestig. Die stadsnaam is glo afgelei van Roars Kilde wat "Roarsfontein" beteken. Hrothgar is een van die legendariese Deense monarge.[1] Tot met die Deense hervorming in 1536 was die stad die setel van die biskop van Seeland en tot 1443 ook hoofstad van Denemarke. In 1658 is die Vrede van Roskilde, waarin Denemarke aansienlike toegewings tot Swede moes maak, hier gesluit. In 1972 het Roskilde ook 'n Universiteitstad geword. Die domkerk van Roskilde is van die bekendste besienswaardighede en behoort aan die Deense Volkskerk. Dit dien as grafkelder van die Deense monarge. Daarbenewens is Roskilde veral vir die jaarlikse musiekfees bekend.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (da) Finn Stefánsson (12 Augustus 2011). "Roar og Helge". Den Store Danske. URL besoek op 9 Mei 2024. 

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

  • Wikimedia Commons logo Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Roskilde.
  • (en) Toerisme-inligting oor Roskilde op Wikivoyage
  • (da) Amptelike webwerf
  • (en) "Roskilde". Encyclopædia Britannica. Besoek op 9 Mei 2024.