Protea Boekhuisprys

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Die Protea Boekhuisprys word deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns toegeken vir die beste Afrikaanse verhandeling, proefskrif of gepubliseerde werk in geskiedenis of kultuurgeskiedenis. Die prys word gewoonlik jaarliks toegeken.

Lys van wenners[wysig | wysig bron]

  • 2015 – Marianna Botes vir haar proefskrif Bloemfontein gedurende die bewind van pres. F.W. Reitz, 1889-1895: ‘n kultuur-historiese studie
  • 2016 – Carel van der Merwe vir sy boek Donker stroom: Eugène Marais en die Anglo-Boereoorlog
  • 2017 – Anneke van Heerden vir haar MA-verhandeling Die Suiderkruisfonds en die mobilisering van die Suid-Afrikaanse burgerlike samelewing tydens die Grensoorlog 1968-1989
  • 2019Jackie Grobler vir sy boek Die Eerste Vryheidsoorlog, 1880-1881
  • 2020 – Ruhan Fourie vir sy MA-verhandeling Beyers Naudé 1915-1963: die vorming van ‘n dissidente Afrikaner
  • 2021 – Vicky Heunis vir haar proefskrif Anglo-Boereoorlogboerekrygsgevangenekuns, 1899-1902 en J.J.R. van Zijl vir sy proefskrif Bethulie 1896-1907, met spesifieke verwysing na die Anglo-Boereoorlog
  • 2022Carel van der Merwe vir Kansvatter: Die rustelose lewe van Ben Viljoen.[1]
  • 2023 – Hetta van Deventer-Terblanche vir haar M-verhandeling: Die koskultuur en geskiedenis van die Westpalm-reseptemanuskrip (Manuskrip SB 522), circa 1719-1888.[2]
  • 2024 – Karina Sevenhuysen vir haar Ph.D.-proefskrif “Model native townships" in Suid-Afrika: “The pinnacle of perfection”? ’n Historiese evaluering, ca. 1900’s-1940’s.[3]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. https://maroelamedia.co.za/goeiegoed/goeie-nuus/naude-wen-hertzogprys-met-dol-heuning/
  2. "SA Akademiepryse 2023" (PDF). SA Akademie. Besoek op 13 Mei 2024.
  3. "SA Akademiepryse 2024" (PDF). SA Akademie. 19 April 2024. Besoek op 13 Mei 2024.