Newry

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Newry


Iúr Cinn Trá, An tIúr (Iers)
Stad
Raadsaal en oorlogsmonument in Bank Parade
Raadsaal en oorlogsmonument in Bank Parade
Newry is in Noord-Ierland
Newry
Newry
Koördinate: 54°11′00″N 6°20′00″W / 54.18333°N 6.33333°W / 54.18333; -6.33333
LandVlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
Land (VK)Noord-Ierland
CountyArmagh
Down
DistrikNewry and Mourne
Bevolking
 • Totaal26 893
TydsoneUTC+00:00 (MGT)
 • SomertydUTC+01:00 (BST)
Poskode
BT34, BT35
Skakelkodes028
WebwerfNewry and Mourne

Newry [ˈnjʊəri] (afgelei van die Ierse An Iúraigh) is 'n stad en townland in Noord-Ierland. Die Clanrye-rivier, wat deur die stad vloei, vorm die historiese grens tussen die graafskappe Armagh en Down.

Newry, wat sowat 55 km van Belfast en 108 km van Dublin af geleë is, het (saam met Bessbrook, 'n dorp in die omgewing) volgens die sensus van 2011 'n bevolking van 26 893 gehad.

Geskiedkundiges neem aan dat Newry in 1144 vlakby 'n Cisterciënse-klooster gestig is, alhoewel daar ook historiese verwysings na ouer nedersettings in die kloostergebied is. Die eerste godsdienstige instelling in die gebied word met Sint Patrick verbind. Newry is een van die oudste nedersettings in Ierland wat - onder meer vanweë sy ligging tussen Belfast en Dublin - later as markdorp en handelsentrum vinnige groei ervaar het. In 1742 is dit deur 'n kanaal met die grootste meer in Noord-Ierland, Lough Neagh, verbind en het sedertdien as hawe gedien. In Maart 2012 het koningin Elizabeth II ter geleentheid van haar Goue Jubileum as Britse monarg stadstatus aan Newry en Lisburn verleen.

Newry is een van die belangrikste nedersettings in die sogenaamde Dublin-Belfast-korridor en naby die ingang tot die Gap of the North en die grens met die Republiek van Ierland geleë.