Molibdeendisulfied

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Eienskappe

Algemeen

Naam Molibdeendisulfied
Struktuurformule van
Struktuurformule van
Chemiese formule MoS2
Molêre massa 160,2 [g/mol][1]
CAS-nommer 1317-33-5[1]  
Voorkoms glansende loodgrys poeier of swart kristalle[1]  
Reuk reukloos [1]
Fasegedrag  
Selkonstantes a=316,1pm; c=1229,5pm[2]  
Ruimtegroep P63/mmc 
Nommer 194  
Strukturbericht C7
Smeltpunt 2375 °C[1]
Kookpunt
Digtheid 5,06 @ 15 °C[1]
Oplosbaarheid onoplosbaar

Suur-basis eienskappe

pKa

Veiligheid

Flitspunt

Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande.

 
Portaal Chemie

Molibdeendisulfied of molibdeen(IV)sulfied is 'n sout van molibdeen is sy +4 oksidasietoestand en waterstofsulfied met formule MoS2

Dit kom in die natuur as die mineraal molibdeniet voor.

Kristalstruktuur[wysig | wysig bron]

Molibdeendisulfied kristalliseer in 'n gelaagde heksagonale struktuur wat die argetipe van die C7-struktuur van die strukturbericht-klassifikasie is en baie voorkom onder disulfiede van oorgangsmetale. Dit bestaan uit 'n toebroodjiestruktuur met molibdeenatome in 'n oktaëdriese omringing tussen twee lae swaelatome.[2] Die toebroodjies word net deur vanderwaalskragte by mekaar gehou en kan maklik afgevlok word.

Chemiese eienskappe[wysig | wysig bron]

Dit los op in heet swaelsuur, koningswater en salpetersuur. Onder sterk oksiderende omstandighede vorm dit molibdeentrioksied MoO3.[1]

Gebruike[wysig | wysig bron]

Dit word as 'n smeermiddel in ghries, oliedispersies, harsgebonde films en droë poeiers gebruik (veral by uiterste druk en in hoë vakuum). Dit word ook gebruik as 'n hidrogeneringskatalisator en in mikrosonde-analise van gronderosie-aërosols.[1]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 1,5 1,6 1,7 "molybdenum sulfide". PubChem NIH.
  2. 2,0 2,1 "Molybdenite (MoS2, C7) Structure: AB2_hP6_194_c_f-001". Aflow.