Malmö

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Malmö

Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Swede Swede
 Landskap Skone
 Län Skåne
 Koördinate 55°35′N 13°02′O / 55.583°N 13.033°O / 55.583; 13.033
 Stigting (eerste verwysing) 1275
 Oppervlakte:  
 - Totaal (kommun) 334,45 vk km[1]
 - waarvan land 156,9 vk km
 Hoogte bo seevlak 12 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2023) 362 133[2]
 - Bevolkingsdigtheid (kommun) 1 082,8/vk km
 Tydsone UTC +1 (MET)
 - Somertyd UTC +2 (MEST)
 Klimaat  
 - Tipe Gematigde seeklimaat
 - Gemiddelde jaarlikse temperatuur 9,2 °C
 - Gem. temp. Januarie/Julie 0,8 / 18,5 °C
 - Gemiddelde jaarlikse neerslae 673,2 mm
 Burgemeester Katrin Stjernfeldt
Jammeh (S)
 Amptelike webwerf malmo.se

Malmö (Sweeds: [ˈmâlmøː], ; Deens: Malmø, [ˈmælmˌøˀ], ) is 'n metropool van die suidwestelike deel van die Suid-Sweedse skiereiland Skone en die derde grootste stad in die land ná Stockholm en Gotenburg met 'n oppervlakte van 334,45 vierkante kilometer en 'n bevolking van 362 133 (2023). Malmö is die administratiewe setel van die gelyknamige munisipaliteit (Sweeds: Malmö kommun) en die län Skåne.

'n Lugbeeld van Malmö

Malmö is een van die oudste handel- en nywerheidstede van Swede wat danksy die opening van die indrukwekkende Öresundbrug, wat Malmö met die Deense hoofstad Kopenhagen verbind, 'n baie dinamiese groei getoon het. Malmö is tans 'n sentrum van die inligtings- en biotegnologie-bedrywe en die setel van 'n beduidende universiteit. Een van die bekendste argitektoniese bakens van Malmö is die wolkekrabber Turning Torso, wat in 2005 volgens 'n ontwerp van die Spaanse argitek Santiago Calatrava as een van die hoogstes in Europa in die westelike hawebuurt Västra Hamnen ontstaan het. As 'n voormalige nywerheidsbuurt het Västra Hamnen tot 'n moderne kwartier met opspraakwekkende argitektuur ontwikkel.

As die hoofstad van die historiese landskap Skone pronk Malmö daarnaas met 'n ryk argitektoniese erfenis soos Lilla Torg, die Middeleeuse markplein, die Stortorget-plein met die historiese raadsaal en die multikulturele omgewing van die Möllevångstorget-plein. Malmö was een van die gasheerstede tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1958.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) "Square kilometre by region, type of area and year". Statistiek Swede. 2024. Besoek op 11 Mei 2024.
  2. (sv) "Folkmängd och befolkningsförändringar – Kvartal 4, 2023". Statistiek Swede. 22 Februarie 2024. Besoek op 11 Mei 2024.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]