Lunsriem

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
'n Ossewa by Aliwal-Noord.

'n Lunsriem is 'n riempie wat deur die onderpunt van die luns gesteek word om te verhoed dat dit uitval. Die luns is 'n ysterpen wat deur die punt van 'n wa-as gesteek word. Dit is gewoonlik vol ghries, daarom word daar ook soms na 'n vuil, smerige persoon as 'n lunsriem verwys.