Jorge Semprún

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jorge Semprún
Jorge Semprún in Montpellier op 23 Mei 2009
Gebore
Jorge Semprún Maura

10 Desember 1923
Sterf7 Junie 2011 (op 87)
NasionaliteitVlag van Spanje Spanje
BeroepSkrywer, Draaiboekskrywer, politikus en voormalige Minister van Kultuur vir Spanje

Jorge Semprún Maura (* 10 Desember 1923 in Madrid; † 7 Junie 2011 in Parys) was 'n Spaanse skrywer en politikus wat die grootste deel van sy lewe in Frankryk gebly en ook sy werke oorwegend in Frans geskryf het.

Met sy literêre werke het Semprún die herinnering aan die Spaanse diktatuur onder Francisco Franco wakker gehou en 'n passievolle pleidooi teen die onmenslikheid van ballingskap, oorlog en deportasie gelewer.