Helsingborg

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Helsingborg

Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Swede Swede
 Landskap Skone
 Län Skåne
 Koördinate 56°03′N 12°43′O / 56.050°N 12.717°O / 56.050; 12.717
 Gestig op 21 Mei 1085
 Oppervlakte:  
 - Totaal (kommun) 423,06 vk km[1]
 Hoogte bo seevlak 10 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2023) 151 306[2]
 - Bevolkingsdigtheid (kommun) 357,6/vk km
 Tydsone UTC +1 (MET)
 - Somertyd UTC +2 (MEST)
 Klimaat  
 - Tipe Gematigde seeklimaat
 - Gemiddelde jaarlikse temperatuur 9,2 °C
 - Gem. temp. Januarie/Julie 0,8 / 18,1 °C
 - Gemiddelde jaarlikse neerslae 672,9 mm
 Amptelike webwerf helsingborg.se

Helsingborg (Sweeds: [hɛlsɪŋˈbɔrj], ) is 'n stad van die westelike deel van die Suid-Sweedse skiereiland Skone met 'n oppervlakte van 423,06 vierkante kilometer en 'n bevolking van 151 306 (2023). Helsingborg dien as die administratiewe hoofstad van die gelyknamige munisipaliteit (Sweeds: kommun).

Standbeeld van Magnus Stenbock by die stadsaal van Helsingborg

Helsingborg is amptelik op 21 Mei 1085 gestig.[3] As gevolg van sy ligging was dit sedert die begin 'n strategies belangrike stad vir beide Denemarke en Swede. Tot in 1658 was Helsingborg net soos die hele Skone Deense gebied, toe dit met die Vrede van Roskilde ná die Deens-Sweedse Oorlog (1657–1658) deur Denemarke aan Swede afgestaan is.[4] In 1710 het Denemarke tydens die Groot Nordiese Oorlog 'n laaste poging aangewend om die stad te herower, maar Magnus Stenbock kon Helsingborg suksesvol verdedig.

Helsingborg lê langs die Sont aan die skeepsroete tussen Noord- en Oossee en is Swede se naaste punt aan Denemarke; die Deense stad Helsingør is slegs vier kilometer oorkant die Sont. Die Sont se engste punt bevind hom tussen Helsingør in Denemarke en Helsingborg in Swede. Die HH-veerbootroete tussen Helsingør in Denemarke en Helsingborg in Swede in die noorde van die Sont is een van die besigste internasionale veerbootroetes ter wêreld met meer as 70 ritte in beide rigtings per dag.

Helsingborg was een van die gasheerstede tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1958.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) "Square kilometre by region, type of area and year". Statistiek Swede. 2024. Besoek op 12 Mei 2024.
  2. (sv) "Folkmängd och befolkningsförändringar – Kvartal 4, 2023". Statistiek Swede. 22 Februarie 2024. Besoek op 12 Mei 2024.
  3. (en) "Helsingborgs stad – History of Helsingborg". Helsingborg kommun. 21 Mei 2007. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Augustus 2007. Besoek op 8 Augustus 2007.
  4. (da) "Roskildefreden, 26. februar 1658". Universiteit van Aarhus. Besoek op 12 Mei 2024.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]