Grand Slam (bom)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
'n Grand Slam-bom

Die Grand Slam was 'n 10 000 kg aardbewing-bom wat gedurende die Tweede Wêreldoorlog deur die Britse Lugmag se bombarderingskommandement op strategiese doelwitte gebruik is. Dit was die kragtigste nie-atoombom wat in die oorlog gebruik is en is ontwikkel uit die Tallboybom

Die Avro Lancaster bomwerper is spesiaal aangepas om die bom te kon dra.