Armeense Wikipedia

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Armeense Wikipedia
Tipe webblad Wiki
Taal(e) Armeens
Registrasie Opsioneel
Eienaar Wikimedia Stigting
Huidige status Aktief
URL hy.wikipedia.org
Ter geleentheid van die XVIIde Spitsberaad van La Francophonie, die Vereniging van Franssprekende Lande, wat in 2018 in Jerewan gehou is, het die Armeense Wikipedia 'n werkswinkel georganiseer
Armeense Wikipediane poseer vir 'n foto tydens die La Francophonie-werkswinkel

Die Armeense Wikipedia is die Armeense uitgawe van Wikipedia, 'n gratis aanlynensiklopedie. Dit het tans ongeveer 309 800 artikels, en is die 38ste grootste Wikipedia.

Statistiek[wysig | wysig bron]

Die Wikipedia het tans 1 143 198 bladsye, waarvan 309 848 artikels is. Dit het 144 505 geregistreerde gebruikers, waarvan 562 as aktief gereken word. Hierdie gebruikers het in totaal 9 970 689 wysigings aangebring en 12 132 lêers opgelaai.