Pronkonderbos
(Aangestuur vanaf Trichocladus grandiflorus)
Pronkonderbos | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Saxifragales |
Familie: | Hamamelidaceae |
Genus: | Trichocladus |
Spesie: | T. grandiflorus
|
Binomiale naam | |
Trichocladus grandiflorus Oliv., (1885)
| |
Sinonieme | |
Geen |
Die Pronkonderbos (Trichocladus grandiflorus) is 'n boom en die grootste van die plaaslike spesies. Die boom kan middelgroot tot groot word. Hulle kom voor in woude, beboste klowe en aan woudrande. Die spesie is nie algemeen nie en kom voor vanaf Durban noordwaarts tot by die Soutpansberg asook Eswatini. Dit staan ook bekend as die groen-haselaar en groen-towerhaselaar.
Die boom se FSA-nommer is 144[1] en staan in Engels bekend as Green hazel.
Sien ook[wysig | wysig bron]
Verwysings[wysig | wysig bron]
Bronne[wysig | wysig bron]
- Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 ISBN 978 1 77007 832 1
- REDLIST Sanbi
- Plants of the World