Witdoring
Witdoring | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | |
Genus: | |
Spesie: | Senegalia polyacantha
|
Subspesie: | S. p. subsp.
campylacantha |
Trinomiale naam | |
Senegalia polyacantha subsp. campylacantha (Hochst. ex. A.Rich.) Kyal. & Boatwr.
| |
Verspreiding van S. p. subsp. campylacantha | |
Sinonieme[1] | |
|
Die Witdoring (Senegalia polyacantha subsp. campylacantha) is 'n boom endemies aan Afrika. In Engels staan die boom bekend as Whitethorn.
Identifikasie[wysig | wysig bron]
Dit is 'n groot bladwisselende boom wat tot 20 m hoog kan word, met 'n relatief spaarsamige, vormlose tot ronde kroon. Die stam is besonders lank, reguit en kaal en dra lang, kaal takke. Ouer bas is donkergrys, lengtegewys redelik diep gegroefd, wat afskilfer in groot kurkagtige vlokke om die nuwe geel bas daaronder bloot te stel.
Die fyn, haarlose blaartjies (5 x 1 mm) word dubbelsaamgestel aan pinnas gedra (tot 40 pare aan 'n pinna, 25 cm lank). Klein rooibruin haakdorings kom aan die onderkant van die strosstingel voor, met 'n buitengewoon groot, ovaal klier aan elke blaarsteel.
Gebruike[wysig | wysig bron]
Afweermiddel[wysig | wysig bron]
Die wortels stel chemiese stowwe vry wat krokodille, slange en rotte wegdryf.[2][3]
Medisinale gebruike[wysig | wysig bron]
'n Ekstrak gemaak van die witdoring se wortels is bruikbaar teen slangbyt en 'n kind wat rusteloos is snags, se lyf kan hiermee afgespons word.[2]
Hout[wysig | wysig bron]
Die boom se hout is bruikbaar as brandhout, maar sy dorings maak dit effens lastig.[3] Die kernhout het 'n digtheid van ongeveer 705 kg/m³.[4]
Sien ook[wysig | wysig bron]
Verwysings[wysig | wysig bron]
- ↑ ILDIS LegumeWeb
- ↑ 2,0 2,1 "Acacia polyacantha". www.plantzafrica.com. Besoek op 14 Januarie 2009.
- ↑ 3,0 3,1 "Species Information". www.worldagroforestrycentre.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 September 2007. Besoek op 14 Januarie 2009.
- ↑ FAO
Bronne[wysig | wysig bron]
- Watter Boom is dit? Eugene Moll. 2013. ISBN 978 1 77007 832 1
Eksterne skakels[wysig | wysig bron]
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Witdoring.
- Wikispecies het meer inligting verwant aan Witdoring