Maanhaarstompie
Maanhaarstompie | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | M. fimbriifolius
|
Binomiale naam | |
Mimetes fimbriifolius Salisb. ex Knight, (1809)
|
Die maanhaarstompie (Mimetes fimbriifolius) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Mimetes behoort en deel van die fynbos vorm. Die plant is endemies aan die Wes-Kaap en kom voor op die Kaapse Skiereiland. Die struik is regop en word 3.5 m hoog. Die struik blom regdeur die jaar maar dra van Julie tot Desember die meeste blomme. Die plant word geklassifiseer as 'n boom en sy unieke nommer is: 72.2.
Vuur vernietig die plant maar die sade oorleef. Twee tot ses maande nadat dit geblom het, val die vrugte af en miere versprei die sade. Hulle stoor die sade in hul neste. Die plant is tweeslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van voëls. Die plant groei in sanderige grond op hoogtes van 0-1 100 m.
In Engels staan dit as die Tree Pagoda bekend.
Fotogalery[wysig | wysig bron]
-
'n Klein Maanhaarstompie (ver links) op Tafelberg.
-
Volgroeide Maanhaarstompie in sy natuurlike habitat op die Kaapse Skiereiland.
Sien ook[wysig | wysig bron]
Bronne[wysig | wysig bron]
- Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 ISBN 978 1 77007 832 1
- PlantZAfrica
- REDLIST Sanbi
- Biodiversityexplorer
- Protea Atlas
- Plants of the World Online
Verwysings[wysig | wysig bron]
Eksterne skakels[wysig | wysig bron]
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Maanhaarstompie.
- Wikispecies het meer inligting verwant aan Maanhaarstompie