Wikipedia:Voorbladartikel

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Wikipedia:Voorbladartikels)

Voorbladartikels: die beste van Wikipedia

Hier by die Afrikaanse Wikipedia poog ons om spogartikels voor te berei om op die voorblad te pryk. Hierdie artikels verteenwoordig van die beste skryfwerk en is vooraf gekies deur die gemeenskapslede. Dit beteken egter nie dat die artikels nie verder verbeter kan word nie, maar bloot dat dit al reeds meer aandag geniet het.

Tans is daar 610 artikels wat voorbladstatus behaal het, uit 'n totaal van 116 995. Dus verskyn een uit elke 191 artikels op die onderstaande lys. Nomineer gerus potensiële artikels by Kandidaatartikels vir voorblad of bespreek ander gebruikers se nominasies.


Nuwe toevoegings

Hierdie bronsstandbeeld is net buite Houtbaai in die Skiereiland opgerig ter nagedagtenis aan die luiperds wat vroeër dikwels in dié omgewing te sien was. In 1933 is die laaste Kaapse luiperd in die baai geskiet.

Die Kaapse luiperd (voorheen Panthera pardus melanotica, word tans nie erken nie, soms verkeerdelik geklassifiseer Leopardi capensis), voorheen bekend as die bergtier of tier, word beskou as die hoofroofdier van die Fynbosstreek. Daar bestaan nogal heelwat gesprekvoering oor die aantal subspesies van die luiperd. Die Kaapse luiperd is 'n subspesie van die luiperd (Panthera pardus) "in wording": navorsing word nog gedoen om vas te stel of hierdie luiperd inderdaad voldoende geneties verskil om as 'n subspesie verklaar te word. Die Kaapse luiperd is baie kleiner as die gemiddelde Afrikaluiperd en daar is nie baie van hom oor nie. As hierdie luiperd die subspesiestatus sou kry is die afdwing van beter beskerming moontlik. Nou is dit lastig omdat hierdie luiperd vandag slegs as nog 'n 'gewone' luiperd beskou word en dus (nog) nie bedreig genoeg geag word vir enige daadwerklike aandag nie.

Die Kaapse luiperds is nie kieskeurig wat voedsel betref nie en het 'n diverse dieet waarby die prooigrootte enorm verskil. Daar word hoofsaaklik klipdassies en klipspringers gevreet. Hierdie twee prooidiere vorm 60% van al die prooi. Die ander prooidiere is ander boksoorte en ystervarke. Soms word vis, reptiele en insekte en baie selde ook bobbejane gevang. By laasgenoemde is die luiperd eintlik te klein.

Die Kaapse luiperds sal ook krieke, akkedisse, knaagdiere en hase vang, maar ook ystervarke en selfs hoefdiere so groot soos die eland. Die dieet wissel na gelang wat en hoeveel die onmiddellike habitat bied: in die Boland, Sederberg en Gamka word die klipspringer en klipdassie die meeste gevreet, terwyl die ystervark en die Kaapse grysbok aansienlik meer in die Boland gevang word. Die Kaapse luiperd vreet selde bobbejane, grootliks omrede die luiperd te staan kom voor die tropbeskerming, ratsheid en lang slagtande wat in Kees se guns tel. Al kruis die bobbejaan en luiperd se paaie mekaar heel dikwels, sal die bobbejaan liefs die luiperd vermy. Volgens die provinsiale voedselopname beslaan die bobbejaan slegs 5% van die luiperd se dieet.

'n Werpsel bestaan uit 2 of 3 welpe. 'n Ervare wyfie kan elke 18 maande tot 2 jaar 'n werpsel grootmaak. Die sterftesyfer van die welpies is wel hoog (ten minste 50%, maar waarskynlik hoër), veral in die eerste paar lewensmaande. Die ouer welpies sterf dikwels in die territoriale gevegte met ander volwasse mannetjies. Totdat 'n luiperdmannetjie omtrent 4 jaar oud is, moet hy hom tussen die tuisgebiede van ander volgroeide en dominante mannetjies handhaaf deur so min as moontlik op te val. Die wyfies kan reeds op 3 jaar voortplant.

...lees verder
Die ligging van die Vallei van die Konings in die Thebaanse Heuwels wes van die Nyl (Oktober 1988).

Die Vallei van die Konings (Arabies: وادي الملوك, Wādī al Mulūk) is ’n vallei in Egipte waar grafkelders in die 16de tot 11de eeu v.C. byna 500 jaar lank gebou is vir farao's en ander adellikes van die Nuwe Ryk (die 18de tot 20ste Dinastie van Antieke Egipte). Die vallei is aan die westeroewer van die Nylrivier geleë, oorkant Thebe (die moderne Luxor), in die hart van die Thebaanse Dodeakker. Die wadi bestaan uit twee valleie, die Oostelike Vallei (waar die meeste koninklike grafkelders is) en die Westelike Vallei.

Sedert die ontdekking in 2005 van ’n nuwe grafkelder (KV63) en in 2008 van nog twee grafkelderingange, huisves die vallei 65 bekende grafkelders wat in grootte wissel van KV54, ’n eenvoudige put, tot KV5, ’n komplekse kelder net meer as 120 grafkamers. Die koninklike grafkelders is versier met tonele uit die Egiptiese mitologie en gee aanduidings van die geloof en begrafnisrituele van die tydperk. Dit lyk of al die kelders in antieke tye al geopen en beroof is, maar dit gee steeds ’n blik op die weelde en mag van die farao's.

Groot argeologiese en Egiptologiese uitgrawings vind sedert die einde van die 18de eeu hier plaas en dit is ’n bron van voortdurende belangstelling en navorsing. In die moderne tyd het die vallei beroemd geraak met die ontdekking van Toetankamen se grafkelder met sy gerugte van die vloek van die farao's. Dit is een van die bekendste argeologiese terreine in die wêreld en in 1979 het dit ’n Unesco-wêrelderfenisterrein geword saam met die res van die Thebaanse dodeakker.

Uitgrawings en die bewaring van artefakte duur voort en ’n nuwe toeristesentrum is onlangs geopen.

...lees verder

Aardrykskunde

Japan
Japan

Aarde - Alabama - Alexandrië - Alpe - Amsterdam - Andorra - Antarktika - Argentinië - Arktiese Oseaan - Arles - Armenië - Australië - Azerbeidjan - Belfast - België - Berg Athos - Berlyn - Bergen - Bernau bei Berlin - Bieszczady - Bordeaux - Botswana - Brasilië - Bredasdorp - Bremen - Bretagne - Brussel - Buenos Aires - Bulgarye - Carcassonne - Chicago - Chili - Costa Rica - Darmstadt - Denemarke - Duitsland - Durban - Estland - Ethiopië - Faroëreilande - Finland - Frankfurt am Main - Frankryk - Frans-Guyana - Genua - Georgië - Glasgow - Gotenburg - Gqeberha - Hamburg - Harlem - Hawaii - Helsinki - Hesse - Ierland - Iran - Istanboel - Italië - Japan - Johannesburg - Kaapse Plooigordel - Kaapstad - Kaliningrad - Kambodja - Kamtsjatka-skiereiland - Kanada - Kasakstan - Keulen - Krim - Krugerwildtuin - Leiden - Letland - Libië - Litaue - Londen - Los Angeles - Madagaskar - Malawi - Malta - Meksiko - Miami - Milwaukee - Moldowa - Monaco - Mont-Saint-Michel - Montreal - Montreux - Moskou - Namibië - Nederland - Nedersakse - Nieu-Seeland - Noord-Ierland - Noord-Masedonië - Noorweë - Normandië - Nyldelta - Oekraïne - Oostenryk - Paaseiland - Papoea-Nieu-Guinee - Parys - Perth - Pireneë - Pole - Potsdam - Pretoria - Provence - Quebec - Réunion - Reykjavik - Riga - Rio de Janeiro - Rusland - Sachalin - São Paulo - Seegolf - Senegal - Shanghai - Siberië - Skerryvore - Skotland - Slowakye - Straatsburg - Suid-Afrika - Svalbard - Swartwoud - Swede - Switserland - Sydney - Tafelberg - Tahiti - Thailand - Tirus - Tornado - Treviso - Tsjeggië - Tsoenami - Turyn - Uruguay - Valencia - Venesië - Verenigde Koninkryk - Verenigde State van Amerika - Vermont - Vilnius - Vulkaan - Waalse Gewes - Wallis - Warskou - Washington, D.C. - Wes-Australië - Ysland - Zambië - Zürich


Geskiedenis

Bomwerpers oor Japan tydens die Tweede Wêreldoorlog
Bomwerpers oor Japan tydens die Tweede Wêreldoorlog

8,8 cm-Flak 18/36/37/41 - Akkadiese Ryk - Alcatraz-gevangenis - Amerikaanse Rewolusie - Andries Pretorius - Anne Frank - Antieke Egipte - Antieke Hawaii - Apartheid - Asjantiryk - Assirië - Berlynse Lugbrug - Boeing B-17 Flying Fortress - Boerekrygsgevangenes - Centurion - Cetshwayo kaMpande - Charles III van die Verenigde Koninkryk - Cicero - Cité de Carcassonne - Cleopatra VII - Djengis Khan - Dooie See-rolle - Duitse Demokratiese Republiek - Elizabeth II van die Verenigde Koninkryk - Etruskers - Fenisië - Francis William Reitz - Fritz Joubert Duquesne - Gallië - George V van die Verenigde Koninkryk - Goelag - Groot Sfinks van Giza - Groot Trek - Heinz Guderian - Homeros - Hongaarse Rewolusie van 1956 - Indusvalleibeskawing - Jan Christian Smuts - Jesus van Nasaret - Johanna van Arkel - Kanaän - Kathaar - Khmer-ryk - Kiëf-Roes - Koningin Camilla van die Verenigde Koninkryk - Kosakke - Koue Oorlog - Koesj - Kruistog - Kulturele Rewolusie - Kwartêre Ystydperk - Legendariese Sweedse konings - Li Bai - Memphis - Mesopotamië - Middeleeuse kookkuns - Militêre geskiedenis van Suid-Afrika - Mongoolse Ryk - Bernard Montgomery - Moord op die Romanofs - Adriaan Moorrees - Namibiese volksmoord 1904-1908 - Fridtjof Nansen - Neanderdaller - Neolitiese Omwenteling - Nikolaas II van Rusland - Nyabêla - Operasie Entebbe - Opstand in die Warskou-ghetto - Paleolitikum - Palmyra - Partiese Ryk - Perikles - Plinius die ouere - Pitia - Pous Pius IX - Pous Silvester II - Rosettasteen - Russies-Japannese Oorlog - Russiese Rewolusie 1917 - Sargon van Akkad - William Philip Schreiner - Seerowery - Sesdaagse Oorlog - Sherman Firefly - Slag van Magersfontein - Slag van Stalingrad - Sowjetunie - Stonewall-onluste - Hans Strijdom - Suid-Afrikaanse Grensoorlog - Helen Suzman - Tiger I-tenk - Toetankamen - Trojaanse Oorlog - Tweede Wêreldoorlog - USS Constitution - USS Franklin (CV-13) - USS Maryland (BB-46) - Vallei van die Konings - Victoria van die Verenigde Koninkryk - Vlad Dracula - Voorlaaier - Wêreldgeskiedenis - Winteroorlog


Kultuur en samelewing

'n Glas rooiwyn
'n Glas rooiwyn

3D-rolprent - Afrikaanse kerkbou in die Karoo - Alter Bridge - Hennie Aucamp - Chris Barnard - Barnsteen - Simone de Beauvoir - Bewussyn - Christiaan Frederik Beyers - Boeddhisme - Borsjt - Breyten Breytenbach - André P. Brink - Ted Bundy - Byeboerdery - Petrus Coetzee - Cristina Fernández de Kirchner - Dagbreek - Joachim Nikolaus von Dessin - Marie Koopmans-De Wet - Reza de Wet - Die Transvaler - Die Vaderland - Egiptiese mitologie - Ekonomie van Suid-Afrika - Eleusiniese misterieë - Frans Engelenburg - Ganesja - Geestesteuring - Gereformeerde kerk Humpata - Geskiedenis van erotiese afbeeldings - Groot Markplein van Brussel - Hadj - Carl Otto Hager - Hiernamaals - Hindoeïsme - Adriaan Hofmeyr - Jan Hendrik Hofmeyr - Jannie Hofmeyr - Interseks - Jode in Suid-Afrika - Ingrid Jonker - Elsa Joubert - Kaas - Kleurlingstemregvraagstuk - Kruiskleding - Etienne Leroux - N.P. van Wyk Louw - Mabel Malherbe - Charles Manson - Maori-kultuur - Johannes Meintjes - Middeleeuse kookkuns - Andrew Murray - Nederduits (skoolvak) - NG gemeente Fordsburg - NG gemeente Rondebosch - Oktoberfest - Oosters-Ortodokse Kerk - Ougelowiges - Outisme - Paryse Metro - Pasta - Plafon van die Sixtynse kapel - Wladimir Poetin - Posseël - Dirk Postma - Reinheitsgebot - Rooiplein - P.D. Rossouw - Jean-Jacques Rousseau - SACS - Seks - Seksualiteit in antieke Rome - Seksuele oriëntasie - Sider - Sisiliaanse Mafia - Slawiese mitologie - Sodiakmoordenaar - Suid-Afrikaanse militêre dekorasies: 2003- - Swabies-Alemanniese Karnaval - Swastika - Tatoeëermerk - Elizabeth Taylor - Anton Tsjechof - Herman van Broekhuizen - Verenigde Party - Vermaak - Vlag van Argentinië - Vlag van Armenië - Vlag van Australië - Vlag van Azerbeidjan - Vlag van Brasilië - Vlag van Chili - Vlag van Denemarke - Vlag van die Filippyne - Vlag van die Republiek China - Vlag van die Verenigde Koninkryk - Vlag van die Verenigde State - Vlag van die Volksrepubliek China - Vlag van Duitsland - Vlag van Europa - Vlag van Frankryk - Vlag van Hongkong - Vlag van Indië - Vlag van Israel - Vlag van Japan - Vlag van Kanada - Vlag van Meksiko - Vlag van Namibië - Vlag van Nieu-Seeland - Vlag van Puerto Rico - Vlag van Singapoer - Vlag van Suid-Afrika - Webjoernaal - Westerse filosofie - Wyn - Wysheid


Sport

'n Engelse rugbyspeler ruk hom los uit 'n harde duikslag deur 'n Australiër
'n Engelse rugbyspeler ruk hom los uit 'n harde duikslag deur 'n Australiër

Afghaanse nasionale krieketspan - All Blacks - Fernando Alonso - Argentynse nasionale rugbyspan - Australiese nasionale krieketspan - Bengaalse nasionale krieketspan - Bermudaanse nasionale krieketspan - Engelse nasionale krieketspan - Engelse nasionale rugbyspan - Roger Federer - Fidjiaanse nasionale rugbyspan - Franse nasionale rugbyspan - Pierre Gasly - Georgiese nasionale rugbyspan - Ierse nasionale krieketspan - Ierse nasionale rugbyspan - Indiese nasionale krieketspan - Italiaanse nasionale rugbyspan - Japannese nasionale rugbyspan - Kanadese nasionale krieketspan - Kanadese nasionale rugbyspan - Keniaanse nasionale krieketspan - Krieketwêreldbeker 2003 - Krieketwêreldbeker 2007 - Krieketwêreldbeker 2011 - Krieketwêreldbeker 2015 - Krieketwêreldbeker 2019 - Niki Lauda - Namibiese nasionale krieketspan - Namibiese nasionale rugbyspan - Nederlandse nasionale krieketspan - Nepalese nasionale krieketspan - Nieu-Seelandse nasionale krieketspan - Olimpiese Somerspele 2008 - Olimpiese Somerspele 2012 - Pakistanse nasionale krieketspan - Paralimpiese Somerspele 2008 - Proteas - Roemeense nasionale rugbyspan - Rugby - Rugbywêreldbeker 2003 - Rugbywêreldbeker 2007 - Rugbywêreldbeker 2011 - Rugbywêreldbeker 2015 - Rugbywêreldbeker 2019 - Rugbywêreldbeker 2023 - Samoaanse nasionale rugbyspan - Skaak - Skotse nasionale krieketspan - Skotse nasionale rugbyspan - Springbokke - Sri Lankaanse nasionale krieketspan - Tafeltennis - Tongaanse nasionale rugbyspan - Uruguaanse nasionale rugbyspan - Verenigde Arabiese Emirate se nasionale krieketspan - Verenigde State se nasionale krieketspan - Verenigde State se nasionale rugbyspan - Wallabies - Walliese nasionale rugbyspan - Wes-Indiese nasionale krieketspan - Zimbabwiese nasionale krieketspan - Zimbabwiese nasionale rugbyspan


Biologie

Seekoei
Seekoei

Afrika-rotsluislang - Berghaan - Blouwalvis - Bonobo - Buffel - Dier - Dinosourus - Fotosintese - Gewone luislang - Gordeldier - Hidroponika - Homo erectus - Jagluiperd - Javaanse tier - Kaapse luiperd - Kambriese ontploffing - Kat - Koraal - Kryt-Paleogeen-uitwissing - Leeu - Lewensiklus van die tier - Mens - Menslike evolusie - Mos - Oorsprong van voëls - Pikkewyn - Poema - Pylsterteend - Rot - Saffraan - Seekoei - Sekretarisvoël - Senuweestelsel - Sesam - Slaap - Swangerskap - Tierluislang - Velociraptor - Veroudering - Wolf - Ysbeer


Taal- en letterkunde

Padteken in Wallies
Padteken in Wallies

Afrikaans - Fins - Frans - Hamlet - Henry James - Inferno (Dante) - Italiaans - Mabel Jansen - Adam Mickiewicz - Misdaad en Straf - Nederlands - William Shakespeare - Sweeds - Taal - Verskille tussen Afrikaans en Nederlands - Wallies


Die Kunste

'n Strokiesverhaal
'n Strokiesverhaal

Ingmar Bergman - Bucchero - Samuel Cronwright - Salvador Dalí - Marlene Dietrich - documenta - Paul Gauguin - Katedraal van Vilnius - Klooster - Krugerstandbeeld - Kuns - Leonardo da Vinci - Modernisme - Marita Napier - Oscar Niemeyer - Jacobus Hendrik Pierneef - Johan de Ridder - Leni Riefenstahl - Auguste Rodin - Staafkerk van Borgund - Sosialistiese realisme - Spider-Man - Strokiesverhaal - Topkapi-paleis - Tuin van Wellus - Rembrandt van Rijn - Leonore Veenemans - Andy Warhol - Wat Phra Kaew


Sterrekunde en ruimtevaart

Saturnus
Saturnus

Aarde - Alpha Centauri - Andromeda-sterrestelsel - Apollo 8 - Asteroïde - Buiteaardse lewe - Ceres - Dwergplaneet - Europese Suidelike Sterrewag - Heliosfeer - Hubble-ruimteteleskoop - James Webb-ruimteteleskoop - Jupiter - Komeet - Kuipergordel - Maan - Maanlanding - Mariner 4 - Mars - Melkweg - Mercurius - Meteoriet - Neptunus - Opsporing van eksoplanete - Pioneer 11 - Pluto - Proxima Centauri - Sagittarius A* - Saturnus - Son - Sonnestelsel - Ster - Sterrestelsel - Triton - Uranus - Uranus se ringe - Venus - Veranderlike ster - Waarneembare heelal


Wetenskap en tegnologie

Wankelenjin
Wankelenjin

Aardverwarming - Airbus A380 - Apple Inc. - Binnebrandenjin - Concorde - Delta Air Lines - Differensiaalrekening - Doebai Internasionale Lughawe - Gemenedrukbuisbrandstofinspuiting - Geskiedenis van die Aarde - Glas - Maria Goeppert-Mayer - Goud - Hardeskyf - Hernubare energie - Jaar - Kalium - Kamera - Karoo-supergroep - Kunsmatige algemene intelligensie - Laser - Manhattan-projek - Miami Internasionale Lughawe - Newark Liberty Internasionale Lughawe - Parasetamol - Patent - Pi - Poolkoördinatestelsel - Portland Internasionale Lughawe - Qantas - James Randi - San Francisco Internasionale Lughawe - Ignaz Semmelweis - TGV - Tegnesium - Edward Teller - Tempelhof-lughawe - Toekoms van die Aarde - Turboskroef - Uraan - Virgin Australia - Wankelenjin - Waterstof - Wright-broers - Yster


Voorbladartikels 2005Voorbladartikels 2006Voorbladartikels 2007Voorbladartikels 2008Voorbladartikels 2009Voorbladartikels 2010Voorbladartikels 2011Voorbladartikels 2012Voorbladartikels 2013Voorbladartikels 2014Voorbladartikels 2015Voorbladartikels 2016Voorbladartikels 2017Voorbladartikels 2018Voorbladartikels 2019Voorbladartikels 2020Voorbladartikels 2021Voorbladartikels 2022Voorbladartikels 2023Voorbladartikels 2024




Indien die voorblad nie verfris word met die nuwe week se artikel nie, of indien die geskiedkundige herdenkings steeds die vorige dag se inskrywings vertoon, kan u gerus hier klik sodat dit verfris word.